Science Café: Presisiegeneeskunde en borskanker

Diskoers
Multilingual
60 Minute
8 Oktober
18:30

Gegewe die kompleksiteit en veranderlikheid van borskanker, is ’n tradisionele een-behandeling-vir-almal dikwels ontoereikend. In hierdie gesprek bekyk die wetenskapsjoernalis en skrywer Engela Duvenage die konsep van “presisiegeneeskunde” as belowende benadering wat pasiëntprognose en -sorg aansienlik kan verbeter deur voorkomings- en behandelingstrategieë aan te pas op grond van individuele genetiese, patalogiese, omgewings-, en leefstylfaktore. Iemand wat drie soorte kanker oorleef het, sal haar ervaring van hierdie behandelingsbenadering met ons deel.

Die Stellenbosch Science Café is ’n inisiatief van die US se fakulteit natuurwetenskappe. Toegang is gratis.