Shades of Blue

Klassieke musiek
Afrikaans, English
Gesin
80 Minute
9 Oktober
15:00
R205-R290 | R235-R320 by die deur

Met Liesl Stoltz(dwarsfluit), Dylan Tabisher (marimba),David Cyster(klarinet),Roxanne Steffen(kontrabas),Elna van der Merwe (klavier)

Shades of Blue neem die gehoor op ’n kleurryke musikale reis waar klassieke finesse en jazzinvloede ontmoet. Die program sluit in twee energieke werke vir fluit en jazz-trio deur Claude Bolling en Mike Mower. Die kragtige virtuose marimbakonsert van Emmanuel Séjourné word aangevul deur die elegante klarinetsonate van Joseph Horovitz, met sprankelende oomblikke uit die musiek van George Gershwin.