Metprof. Elna Mouton, Helena Conradie, drs. Lizelle Smit en Diederick Basson
Die geliefde Afrikaanse sangeres, liedjieskrywer, skrywer en spreker Annalise Wiid was ’n kind van die Kaap – altyd op soek na ’n wysie vir die musiek in haar hart. Agt jaar gelede, op 57-jarige ouderdom, het haar stem stil geword. Haar werk leef egter steeds voort. In November 2025 is haar persoonlike argief deur die NG Kerk Argief op Stellenbosch in ontvangs geneem. In hierdie aanbieding bring dr. Diederick Basson, bestuurder van die NG Kerk Argief, haar musiek en haar skryfwerk saam in ’n huldiging wat die gehoor uitnooi om weer te luister, te onthou en nuut te ontdek sodat Annalise se wysie steeds gehoor kan word.