Vivaldi en die vondeling

Spier Toneel
Afrikaans
Gesin
50 Minute
4 Oktober
12:00
R195-R280 | R225-R310 by die deur

Met Lynelle Kenned, Mario Nell(klawesimbel), Johanna Roos(viool)

Anna Maria della Pietà was ’n wonderkind van Venesië. Op agtjarige ouderdom was sy ’n vermaarde violis en komponis, en op 12 was sy die jongste konsertmeester van die beroemde Ospedale della Pietà-orkes. Sy was ’n weggooikind, die dogter van ‘n prostituut. Haar musiekmeester was niemand anders nie as die briljante Antonio Vivaldi, wat 28 van sy vioolkonserte aan haar opgedra het. Sommige bespiegel selfs dat sy dele daarvan gekomponeer het. In hierdie intieme stuk word die merkwaardige lewe van Vivaldi se sukesvolste leerling uitgebeeld en wys Anna Maria se transformasie van weerlose weeskind tot gevierde Maestra di violino én Maestra di coro.

Vervaardiger Niël Rademan-produksies
Regisseur Niël Rademan
Skrywer Riana Scheepers
Ontwerp en verhoogbestuur Lindi Heila Smit

Ondersteun deur Toyota Stellenbosch Woordfees, Suidoosterfees, Hessequa Harmonie, Vrystaat Kunstefees en NATi