Vertel jou skool se stories en verskuif grense. Hierdie werksessie volg op ’n slypskool vroeër vanjaar waarin die basiese beginsels van die joernalistiek, nuus en redigering behandel is. Nou kry skoolkoerantredaksies die geleentheid om die Woordfees te ervaar en daaroor berigte te skryf vir hul skoolkoerante en nuusbriewe. Dié sessie fokus op kunsjoernalistiek, resensies en hoe om van die toneel af verslag te doen. Stories en berigte moet só geskryf word dat lesers wat nie self by die Woordfees kon wees nie, kan voel of hulle regtig in die ervaring deel. Ons deel ook die laaste inligting oor 2026 se WOW-skoolmediakompetisie – inskrywings sluit kort ná die Woordfees.