RESENSIE

Why so butch, Herman?

deur Chase Rhys
Produksie: Hoerkind
Foto’s: Verskaf

In Hoerkind sit Geon Nel die “man” in one-man show. Hy speel Herman Lategan. In Real LIfe Herman (IRL Herman) is ‘n beloved skrywer, soesie volgepakte kykNET HS Stellenbosch-teater vewys.

He’s lived a life. Jy kan daaroo lees in sy topverkoper-memoir Hoerkind ennie onlangse Engelse vertaling (translated by IRL Herman himself), Son of a Whore. Hierdie is die theatrical version van dai boek.

Geon Nel het stamina. Die man move oorie verhoog. Die regisseur Margit Meyer-Rödenbeck laat hom harloep, swaai, rol en jump.

Sy stiller moments staan ​​yt. Daa kan mee oemblikke wies waa hy eenvoudig net met ôs praat. Let us in, soedat ôs saam met Herman kan connect. 

Nel speelie vi Herman soes IRL Herman wêklik issie. Dai moes ‘n keuse gewiesit. Is ‘n choice wat ekkie verstaan ​​nie. Ek mis IRL Herman se body language en maniertjies. Waa is sy ekspressiewe hande? Daa is oemblikke wanne Nel, IRL Herman se physicality regkry, is daa wannerie ligte annie begin vannie show opkô en ôs sien Herman se agteste, is daa wanne hy in New York is en it is daa innie final moment vannie play. Ek sou dit graag heeltyd daa wou sien.

Ek het oekie IRL Herman in Nel se stem gehoorie. IRL Herman praat met ‘n sekere ritme, daa’s ‘n heerlike diep timbre in sy stem. Ek het niks daavan in die show gehoo nie.

Ek verstaan as hulle nie ‘n karakter wil skep wat ‘n karikatuur van IRL Herman issie. Maa ‘n soort kopknik virrie man, en sy ikoniese campness sou net reg gewiessit. As ek na hierdie optrede gekykit met my earphones in en nie die teks kon hoo nie, sou ek gedinkit it was net nog ‘n storie oo een of anne straight man. Waa is IRL Herman se queerness?

En waa is sy sense of humour? Francois Toerien hettie een grappie innie show geskryfie. As jy ooit IRL Herman ontmoetit – of even net sy anne wêk geliesitt – sou jy wiet hy’s vol jokes. Herman Lategan is biting en witty.

Toerien se teks is in chronologiese volgorde geskryf. Miskien sallie wêk mee engaging wies as ittie ‘n liniêre tydlyn volg nie. As die volgorde van gebeure deconstructed wôd, sou it ’n mee opwindende en less predictable show wies.

Gerrit Snyman se stelontwerp is simbolies en kry baie gebryk. Die maroen gordel wat bo-oo hang, lees vi my as ‘n bloedlyn, wat Herman aan mense en verliede vebind. It wôd ‘n scarf, ‘n tou, ‘n noose.

Die kostuum deu Hollywood Costumes is akkuraat. Nel dra IRL Herman se Warholian swart uniform; ‘n swart T-hemp, jeans en soms ‘n swart jas.

Herman teken en skryf met wit kryt op alles. Die chalk vryf aan sy swart klere, soes die toneelstuk vorder, lyk it soes wit spoke wat aan hom attached is. Herman Lategan is ’n haunted man, in hierdie produksie kan ôs it sien.

 

  • Hoerkind
    13 Oktober 9:30
    kykNET HS Stellenbosch
    Kaartjies beskikbaa by Quicket
Facebook
Twitter
LinkedIn