RESENSIE

'Kroeskop' gan glattie oo hare nie

deur Chase Rhys
Produksie: Kroeskop
Foto’s: Verskaf

Kroeskop is een van my favorites by vanjaa se US Woordfees.

Daa’s ‘n begrafnispamflet op jou sitplek in die Eendrag-teater. Na hulle pa se dood is daa tension tussen n paa broers oorie future van pa se Kroeskop Fisheries-winkel.

Innie anloep tottie lies vannie will en testament kô meet ôs ‘n rits skreeusnaakse karakters.

Braeden Buys, Jumaine Hansen en Logan Cornelius speel elkeen klompie veskillende karakters.

Die drie akteurs kô van Kuils River, Kraaifontein en Morningstar in Durbanville. Die is ‘n Kaapse produksie in every way. Die taal blink in al sy variëteite; gayle, kêk kaaps en even Rasta patois.

Hansen en Buys se teks is briljant. Die jokes kô vinnag en anmekaa. Hulle twie ken mekaar vi jare al. Hulle’t as studente by The Stage Performing Arts Studio ontmoet. Kroeskop was oospronklik ‘n two-hander wat in 2020 oppie Toyata US Woordfees Fringe-program was. Ek was geshock om te hoo dat Cornelius ees onlangs by die duo aangeslytit. Ek was oek vebaas om te hoo dat hy ‘n student is. He holds his own. Hy is ‘n sielvolle akteur en mens kan in sy oë en smile sien hoe hy it rerag relish om oppie stage te wies. Som mense is gebore om performers te wies.

Buys het ‘n ekspressiewe gesig en hy shine in stil, mee dramatiese oemblikke.

Hansen is serving Kaapse Tyler Perry. Toe die ligte opgaan en sonne om iets te sê, maa net sy postuur vannie priest karakter, het hy die eeste lag vannie show gekry.

Die trio het goeie synergie. Hulle vestaan en vertrou mekaa soe goed, hulle voel free om te improvisee sonne om mekaa af te gooi. In ‘n stadium het ‘n kar se engine hard byte die teater geraas. “Wat is dit?! vra Buys. Hansen reply dadelik: “My maag. Ek’s honge.”

Die cast het ná die vertoning vi my gesê dat hulle gewiet het hulle moet die broers straight speel, full-on realism. Dan sallie anne karakters innie wêreld mee heightened vookom. Hierdie ouens verstaan ​​komedie.

Hulle sê die storie gan oo fatherhood. Twie van hulle is sonne pa’s grootgemaak. Vaderskap wassie narratiewe saad wat hierdie wêk begin het. Hulle kan die seriousness van hierdie tema mee incorporate. Is obvious dat hulle hard gewêkkit ommie komedie reg te kry, maa toe wôd die  hoofstorielyn soe n effens afgeskiep. Ôs verloorie plot ‘n bietjie omdat alles soe joke-heavy is.

Ek vestaan oekie die titel nie, Kroeskop, hierdie stuk gan gladdie oo hare nie.

Die oospronklike teks is eintlik ‘n reeks voicenotes wat Buys en Hansen aan mekaa gestuurit. Daa moet kennis geniem word dat een vannie heel beste scenes innie show heeltemal innie donker plaasvind. Al wat hy hoo, issie karakters se voicenotes in ‘n WhatsApp-groep. Sonne ommie akteurs te sien het ôs steeds gewiet watte karakte praat. ‘n Testament van hoeveel vokale range die rolverdeling het en hoe spesifiek elke karakter is. Hierdie “gag” was so goed, ek sal ‘n hele show van net hulle voicenotes kyk.

Spesiale melding moet gemaak wôd vannie paranoid conspiracy theorist Rasta wat “meta” raak mettie fourth wall en besef hy kannie gehoor “sien.” Die karakter se interaksie mettie gehoo is soe slim en snaaks, ôs het lettelik geskrie vannie lag.

Ek’s excited oo hierdie trio. Braeden Buys, Jumaine Hansen en Logan Cornelius. Onthou hulle name.

 

 

Facebook
Twitter
LinkedIn