RESENSIE

Is laagwater in 'See muur'

deur Chase Rhys
Produksie: See muur
Foto’s: Nardus Engelbrecht

’n Millenial in ’n plaid hemp lyste ’n emo number. Hy’s solemn. Wanne die vertoning begin, stiek hy ’n sigaret an. Die is die twiede vertoning by vanjaa se Toyota US Woordfees waa ek in ’n confined space vasgevang is, gagging, omdat ’n karakter ’n regte entjie roek. Ek dink is net considerate ommie roekery op een of anne manier te “cheat”, I mean, there are ways.

Hierdie is ’n drama oo ’n tragiese gebeurtenis vir Alex (Conradie van Heerden). Hy vetel vi ôs van sy liefde en sy gesin. Hy is troubled, hy grieve, hy’s hartsee. Maa vi my, lees van Heerden se optrede as bored. Sy performance is pedestrian. Ja, die kamer is klein, soe die performance moet oek klein wies, maa van Heerden act hie for camera. ’n Close-up camera, at that. 

Ek wiettie offit die lae volume van sy stem is offie ongelooflike speed van sy speech issie, maa ek het rêrag gesukkel om te volg wat hy sê. Hy gooi lyne weg. Daa is ’n dreunende pattin innie ritme van hoe hy sy lines deliver. As regisseur moes Nico Scheepers ’n bietjie mee kleur yt sy akteu se stem gekry it en mee energie innie algemeen.

Die klimaks vannie stuk gebee innie see. Daa is geen opgeniemde klanke of effekte in hierdie produksie nie. Maa annie begin vannie show hoo ôs water wat in ’n regte ketel kook. Alex maak ’n koppie koffie. In hierdie konteks is daardie rumbling gelyd van kookwater, wat hie langer as ’n gewone ketel aanhou, ominous en gie ’n gevoel van impending doom. It’s a nice touch. 

Die stel is minimaal. Die klein spasie innie US Museum-anneks is littered met leë take-away koffiekoppies.

Klompie copies van diesêlle foto is in lyn tiennie muur en oppie vloer geplak. Ek konnie yt my sitplek sien wat it was nie. Ek kon net sien die image is black and white en het ampe soes ’n ultrasound pic gelyk. Na die vertoning het ek gaan kyk wat die foto’s is. Is ’n close-up van ’n meisie se kop en haa hare. It het my asem weggeslaan. Ek het ’n knop in my keel gevoel. Unfortunate dat die ienigste kee wat ek iets in hierdie show gevoelit, was toe it reeds oo was.

  • See muur
    11 Oktober 15:30 & 20:00 | 12 Oktober 11:00 | 13 Oktober 10:30 & 12:30 | 14 Oktober 17:00 & 20:00
    US Museum-anneks
    Kaartjies beskikbaar by Quicket.
Facebook
Twitter
LinkedIn