RESENSIE

'n Stellar reis

deur Chase Rhys
Produksie: Stars – Iinkwenkwezi – Sterre
Foto’s: Nardus Engelbrecht

Stars – Iinkwenkwezi – Sterre is ‘n merkwaardige teaterproduksie vi kinnes, devised deu talentvolle US-dramastudente. Hierdie celestial skouspel niem ôs op ‘n boeiende exploration vannie sterre en planete. Die is ‘n massive production. Daa’s twaalf bodies oppie vehoog, tien akteurs en twie musikante. Die ensemble is energetic ennie live musek is captivating. Die is ’n kosmiese ervaring wat jy nie sal wil misloepie.

Die hart van Sterre lê innie ytbeelding van fables oo konstellasies, veral die mites rondom hoe hulle ontstaan it. 

Die jong en exuberant rolverdeling lewe hulle lines in ‘n heerlike mix van Xhosa, Afrikaans en Engels. Hulle joy is aanstieklik en maakie gehoo, hoefsaaklik ouer as 16 toe ek it kyk, in entoesiastiese deelnemes. Die show lattie kinnelike verwondering in ôs ammel wee laat opvlam.

Die twie musikante, Masilo Silokazi en Rodney “Rotas” Goliath, weef ‘n simfoniese tapisserie deu sang, elektriese kitaa, beatbox en vocal klankeffekte. ‘n Spesiale mention vir Silokazi, wie se stem pure magic is. Haa melodieë vee ôs deurie Melkweg. Besides die live musiek, die produksie het oek the hits, ammel van hulle astral-related, soes Madonna se “Lucky Star” en Frank Sinatra se “Fly Me to the Moon.”

Die ensemble het goeie chemistry en kameraadskap, hulle is n unit. Maa soesie show angan, issit lekke om te sien hoe hulle individuele peronalities skyn. 

Mens kannie die onberispelike beligtingsontwerp miskyk nie. Alex Britz en Sidney Savage se wêk reflect die titel vannie show op bekwame wyse. Wanne die show begin, voel ôssie sensasie van deu space deurkrys soese ligkolletjies rondom die teater dans. 

Die stel is fabulous, daa’s lere wat vannie grond opgetrek is, lere en scaffolding wat ytie plafon af sak. Helder sterligkonstellasies verlig die naghemel en voeg ‘n touch of magic by.

Alledaagse objects veanne op vernuftige wyse in character-defining props – ’n garden watering can wôd ’n olifant se trunk en ’n besem veanne in ’n kameelperd se nek en kop.

Buiten sy entertainment value is Stars – Iinkwenkwezi – Sterre educational. It gie interessante feite oo sterre, soes die difference tussen ie hot blou sterre en cool rooi’es, en hoe as mens Orion oppie horizon sien, mean it winte is hie (ek wiettie soe lekke of it actually soe wêk vi ôs innie Southern Hemisphere nie, maa toe maa.)

Kudos aan Amelda Brand, die briljante regisseur agter hierdie monumentale produksie. Die rolverdeling gebryk nie net die verhoog effektief nie, maa soema die hele ouditorium, hulle speel hie langs jou en haloep deurie gange.

Stars – Iinkwenkwezi – Sterre is ’n kosmiese genot wat geskik is vi jong en oud. Hierdie stellar reis deu verbeelding, tot lewe gebring deu ’n  dinamiese cast en ’n  hemelse klankbaan, is ’n  ervaring wat jou geïnspireer, opgevoed en gevul met vreugde sal laat. Moenie hierdie blink juweel innie wêreld van kinderteater misloep nie.

Facebook
Twitter
LinkedIn