Werksgeleenthede

Gasvryheid- en funksieskoördineerder

Plek: Stellenbosch, Suid-Afrika

Termyn: 7 maande op vaste termyn-kontrak: deeltyds (maande 1 – 3) / Voltyds (maande 4 – 7)

Rapporteer aan: Borgskap- en handelsmerkbestuurder

Oor die rol

Die Toyota Stellenbosch Woordfees is op soek na ’n dinamiese, goed georganiseerde en diensgerigte Gasvryheid- en funksieskoördineerder. Die suksesvolle kandidaat sal die fees se reputasie en handelsnaam by elke geleentheid wees, van hoëprofiel-galageleenthede soos die Langtafel en Woordtrofees tot intieme borgefunksies en onthaalareas vir BBP-gaste.

Jy sal verantwoordelik wees vir die volle onthaalervaring van die fees se gaste: van strategiese begrotingsbeplanning en uitnodigingsbestuur tot operasionele uitvoering op grondvlak tydens die fees.

  • Strategiese beplanning: Ontwikkel en bestuur ’n gasvryheidskedule wat insluit logistiek, koördinering van verskaffers en venueinrigting.
  • Begrotingsbestuur: Volledige bestuur en opdatering van die funksies- en gasvryheidsbegroting.
  • Uitvoer van funskies: Bestuur die beplanning en aanbieding van hoof geleenthede (Programbekendstelling, Langtafel en Woordtrofees), asook kleiner geleenthede en leefstylitems tydens die fees.
  • BBP-bestuur: Hou toesig oor die BBP-gasvryheidsarea, insluitend spysenieringslogistiek en gastedienslewering.
  • Koördinering van belanghebbendes: Tree op as die primêre skakel tussen interne departemente (Bemarking, Logistiek, Program, Tegnies) en eksterne diensverskaffers (funksiekoördineerders, verhuringsmaatskappye, spyseniering, tegniese verskaffers en kunstenaars).
  • Voorraad en inventaris: Bestuur geborgde voorraad (wyn, drankies) en verseker dat daar aan die vereistes vir handelsmerksigbaarheid voldoen word.
  • Opleiding: ’n Graad of diploma in gasvryheidsbestuur, geleentheidsbestuur, skakelwese (PR), of ’n verwante veld.
  • Ondervinding: Minimum 2 tot 3 jaar in geleentheidsbestuur (ondervinding in die kuns-, wyn-, of korporatiewe sektor is voordelig).
  • Taal: Ten volle tweetalig in Afrikaans en Engels (noodsaaklik vir kommunikasie met belanghebbendes en gaste).
  • Vaardighede: Sterk administratiewe vaardighede (MS Office, veral Excel). Die vermoë om komplekse skedules te volg en probleemoplossingsvaardighede.
  • Eienskappe: Hoë emosionele intelligensie, die vermoë om onder druk te werk en ’n fyn oog vir detail.
  • Logistiek: Geldige bestuurslisensie en eie betroubare vervoer.

Stuur asseblief die volgende per e-pos na aansoek@woordfees.co.za:

  1. ’n Bondige CV (maksimum 3 bladsye).
  2. ’n Kort dekbrief (in Afrikaans of Engels) wat jou ondervinding met hoëdruk-geleentheidsbestuur uiteensit.
  3. Verwysings van ten minste twee vorige grootskaalse geleenthede/projekte.

 

Sluitingsdatum: 15 April 2026

Aanvangs van kontrak: 4 Mei 2026

Navrae

Vir enige navrae, stuur e-pos aan: aansoek@woordfees.co.za