Vendor-aansoeke

Vendor-aansoeke vir die 2023 Toyota US Woordfees

Hoe om aansoek te doen:

  • Voltooi hierdie aansoek elektronies in Microsoft Word.
  • E-pos die volledige aansoek aan: woordfeesvendors@gmail.com (Gebruik die volgende opskrif: Vendor-aansoek: Toyota US Woordfees 2023)
  • Onthou asseblief om kleurfoto’s van jou stalletjie aan te heg.
  • Die sluitingsdatum vir aansoeke is 13 September 2023.
  • Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie.
  • Suksesvolle kandidate sal teen 15 September 2023 per e-pos in kennis gestel word.
  • Suksesvolle kandidate sal ’n kontrak ontvang met die nodige inligting betreffende pryse, handelstye en datums, kragverbruik en -beperkings, inrigting-spesifikasies en die kontantlose stelsel.
  • ‘n Fooi is betaalbaar om jou plek te reserveer, indien jy daarna sou kanselleer, word alle gelde verbeur.

 

Belangrike inligting:

  • In 2023 sal alle transaksies uitsluitlik kontantloos geskied. Handelaars mag onder geen omstandighede kontant aanvaar nie. Indien kontant aanvaar word, sal ’n boete gehef word. Die huurfooi vir die kaartmasjien, sal in die kontrak aangedui word.
  • Die Toyota US Woordfees is nie aanspreeklik vir die verlies of beskadiging van enige eiendom nie.
  • Die fees dek nie reis- of verblyfkostes nie.
  • Toyota US Woordfees ontvang 17,5% kommissie op verkope, tensy anders aangedui.
  • Stalletjies wat van gas gebruik maak, word verplig om ʼn brandblusser en brandkombers te voorsien. Geen oop vure word toegelaat sonder skriftelike toestemming van die vendor-bestuurder nie.
  • Inrigting en inspeksie van stalletjies by buitelugvenues moet ten minste twee ure voor hekke oopmaak, geskied. 
  • Wees asseblief te alle tye gereed vir ’n inspeksie deur die Gesondheidsinspekteur.

*Let wel: Hierdie aansoeke is net oop vir kosstalletjies.

Vir enige navrae, stuur ’n e-pos aan Anna-Mart by woordfeesvendors@gmail.com