DISKOERS

Jy is beslis meer as jou warmgloede!

Produksie: Hysteria: Vroue en menopousemites
Deur: Jo-Ann Floris
Foto’s: Verskaf

Die Paul Roos-teater was stampvol vroue – en vier mans! – vir ’n kennersgesprek wat bevestig het menopouse is ’n stryd wat ’n mens nie alleen hoef aan te pak nie, skryf Jo-Ann Floris.

Watter ironie dat ’n gesprek oor vroue in menopouse plaasvind by ’n plek wat deurdrenk is met testosteroon, lei prof. Lizette Rabe die gesprek in wat terselfdertyd ’n bietjie voorbrand maak vir die kykNET-dokumentêre reeks Meer as warmgloede – Wetenskap, waardigheid en vrouestemme wat vroue se reis oor vier episodes volg. Die reeks steun sterk op kenners wat vroue – en die mense na aan hulle – help om die proses te verstaan.

“Om gebore te word as ’n vrou is om gebrandmerk te word,” haal die emeritus professor vir Olive Schreiner aan. Dan brei sy verder uit oor die woord histerie – ’n etiket wat so maklik om vroue se nek gehang word wanneer hulle durf emosie wys. Die Griekse woord vir uterus is “hysteria”, maar hulle het dit weer van die Egiptenare gekry.

Maar die hoofrede waarom ’n saal vol vroue (en vier mans!) byeen is, is om te bevestig menopouse is ’n stryd wat ’n mens nie alleen hoef aan te pak nie.

Die gesprek kyk dieper as net die fisieke simptome van menopouse soos warmgloede en nagsweet. Daar word ook gesels oor breinwaas, slaapversteurings, seksualiteit, medikasie en depressie. Waaroor almal kon saamstem, is dat daar baie meer gedoen moet word om inligting en oplossings by vroue uit te kry.

Ook op die paneel is die borskanker-spesialis dr. Liana Roodt, die psigiater en medeprofessor prof. Renata Schoeman en die deurwinterde wetenskapsjoernalis Elsabé Brits wat as gespreksleier optree.

Die gesprek kyk dieper as net die fisieke simptome van menopouse, soos warmgloede en nagsweet. Daar word ook gesels oor breinwaas, slaapversteurings, seksualiteit, medikasie en depressie. Waaroor almal kon saamstem, is dat daar baie meer gedoen moet word om inligting en oplossings by vroue uit te kry. Dit sal help om waninligting te keer waarop mense dikwels hulle besluite grond, soos die simplistiese benadering dat hormoonterapie kanker veroorsaak. Dit was na aanleiding van ’n studie, maar sonder die konteks is die verkeerde aannames gemaak.

Die aard van hormoonvervangingsterapie, byvoorbeeld, het baie verander. Daar is ’n besef dat hormone nie net “in toom” gehou kan word nie. Dikwels is angs en depressie die meelopers, want met al die veranderinge laat dit dikwels meer vrae.

Die paneel het ook raad uitgedeel vir vroue: Alles (wat jy deurgaan) is nie ’n probleem nie. Be kind to yourself.

Die paneel het ook raad uitgedeel vir vroue: Alles (wat jy deurgaan) is nie ’n probleem nie. Be kind to yourself. En ook hierdie nuttige kortlys:

Slaap: Vestig ’n slaaproetine en hou jou slaapkamer donker en koel en sonder jou selfoon.
Dieet: Volg ’n Mediterreense dieet met baie gesonde vette. Drink minder alkohol, veral saans.
Oefening: Net 30 minute per dag is genoeg (en alle beweging tel).

  • Die eerste episode van Meer as warmgloede word op 14 Desember om 20:00 op kykNET uitgesaai.
Facebook
Twitter
LinkedIn