Die Toyota Stellenbosch Woordfees bied op Bly Vrydag, 26 Septemer 2025, meer as ’n 1 000 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20%-80% aan. Alle kaartjies wat op die Bly Vrydag-uitverkoping beskikbaar is, sal teen slegs R50 een verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van die dag plaasvind.
“Ons wil soveel moontlik Stellenbossers die kans gee om aanbiedings tydens die fees by te woon. Ons versoek dus mense wat volpryskaartjies kan bekostig vriendelik om nie van die spesiale aanbiedings op Bly Vrydag gebruik te maak nie,” sê Saartjie Botha, direkteur van die Toyota Stellenbosch Woordfees.
Bly Vrydag werk só:
- Kopers kan met kontant of ’n bankkaart betaal.
- Afslagkaartjies is slegs by die drie ondergenoemde punte beskikbaar en slegs tydens die aangeduide tye.
- Die aanbod geld net vir uitgesoekte vertonings.
- Die aantal afslagkaartjies per vertoning is beperk.
- ’n Vaste aantal kaartjies word per verkoopspunt beskikbaar gestel.
- ’n Maksimum van twee kaartjies per persoon per vertoning by elke verkoopspunt.
- ’n Maksimum van ses kaartjies in totaal per persoon per verkoopspunt.
- Vir R50-kaartjies kan geen besprekings of telefoonbesprekings gemaak word nie. Die uithou of omruil van Bly Vrydag-kaartjies is nie moontlik nie.
Verkoopspunte vir Bly Vrydag:
07:00 – 08:30 | HS Lückhoff
10:00 – 12:00 | Erfurthuis
16:00 – 18:00 | P.C. Petersen
17:00 – 19:00 | Erfurthuis
Die lys van produksies vir dié afslagkaartjies sal 24-uur voor die uitverkoping beskikbaar wees.