‘ ’n Begin’: Akteurspaar verken moderne verhoudings in Jhb

Die bekroonde akteurspaar Cintaine Schutte en Carel Nel speel volgende jaar in Johannesburg weer teenoor mekaar in ’n Begin – ’n aangrypende en delikate ondersoek na moderne verhoudings. Dis die vroeë oggendure in die nadraai van haar nuwe plek se daknatmaak. Hy is die laaste oorblywende gas. Die plek is ’n gemors en hulle ook… […]
’n Gedaanteverwisseling vir die 2021 Woordfees is in wording

Die 2021 Toyota US Woordfees sal nie in die beplande formaat van 17 tot 24 September in Stellenbosch kan plaasvind nie, maar daar word reeds hard gewerk aan ’n opwindende alternatief. Meer besonderhede oor hierdie landswye Covid-veilige viering van die kunste sal binnekort bekend gemaak word. Die kansellasie van die tradisionele fees, wat altyd maande […]
’n Groot, warm dankie
Die 22ste Toyota US Woordfees was die eerste kunstefees wat volledig op ’n opwip-TV-kanaal plaasgevind het. Woordfees TV is van 1 tot 7 Oktober landwyd en in Namibië uitgesaai op DStv-kanaal 150. In Namibië was dit ook op GOtv-kanaal 15 beskikbaar. Woordfees TV sou egter nie kon gebeur sonder die inkoop, diep delf en vindingrykheid […]
’n Sak–pas-fees vir studente
Dis amptelik lente in die Boland, en oor minder as twee maande is dit weer tyd vir die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees. Daar is byna 400 items op die program, van musiek en teater tot open mics en meer. Maar moenie dat dit jou afskrik nie. Die Woordfeesspan het spesiaal ’n aantal shows uitgekies om die smaak en […]
“LETTERKUNDE IS LEKKERKUNDE”: DIE EERSTE WOW-WEBINAAR
Die Woorde Open Wêrelde (WOW)-projek bied ʼn webinaar aan vir alle onderwysers betrokke by die onderrig van letterkunde in Afrikaans, Engels en isiXhosa, vanaf graad 4 tot 7. Dié eerste WOW-webinaar met die tema Letterkunde is Lekkerkunde word aangebied deur die WKOD se kundige vakadviseurs en sal u inspireer en toerus met waardevolle wenke. Klik […]
Dis weer ’n lente-Woordfees in die Boland
Die Toyota US Woordfees vind volgende jaar nogmaals in die lente plaas van 7 tot 15 Oktober. Dié besluit is geneem in oorleg met verskeie rolspelers en belanghebbendes, insluitend borge en donateurs, ander kunstefeeste, kunstenaars, feesgangers, vervaardigers, skole, diensverskaffers en die gasvryheidsbedryf. “Vanweë tydsdruk sou dit onmoontlik wees om reeds ’n fees in Maart 2023 […]