Aandag dramaturge: Nagtegaal-teksprys herleef in samewerking met Toyota Stellenbosch Woordfees

Goeie nuus aan alle dramaturge: Die gesogte Nagtegaal-teksprys herleef ná 15 jaar in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees en daar is groot pryse op die spel. Die drie wenners ontvang onderskeidelik R100 000, R50 000 en R25 000 wat dit die grootste kompetisie van sy soort in die land maak. Inskrywings is nou oop. […]
André van der Merwe ontvang Kanselierstoekenning

André van der Merwe is al 17 jaar lank dirigent van die internasionaal gerekende Stellenbosch Universiteitskoor. Hy word vanjaar met ’n Kanselierstoekenning vir sy werk vereer. Die gesogte Kansellierstoekennings gee erkenning aan personeellede van die Universiteit Stellenbosch wie se loopbane van volgehoue uitnemendheid in navorsing, innovasie, leer en onderrig, sosiale impak en/of professionele dienste getuig. […]
Augustus is pensioenarismaand by die Woordfees!

Pensioenarisse kry R15 afslag op die volgende programitems: Kaartjies by Quicket. Aanbod eindig 30 Augustus 2024 om middernag.
Bekroonde ‘Die vegetariër’ neem trefkrag, -beelde na Baxter

*Met Engelse onderskrifte Klink ’n toneelstuk oor iemand wat besluit om ’n vegetariër te word dalk na ’n grap? Nie as dit relevante, sensitiewe en polariserende kwessies soos geslagsverhoudings, seggenskap, onderdrukking en identiteit onder die loep trek nie. Vir Willem Anker, wat die vertaling en verhoogverwerking van Die vegetariër uit die Engelse weergawe van die […]
Bekroonde ‘Speelgoed van Glas’, ‘Glass Menagerie’ in Augustus by die Baxter

Met: Anna-Mart van der Merwe, Carla Smith, Ben Albertyn, Mark Elderkin Regie, vertaling en ontwerp: Nico Scheepers Verhoogbestuur: Nell van der Merwe Speelgoed van glas, Nico Scheepers se bekroonde verwerking en vertaling van Tennessee Williams se Engelse meesterstuk, kry ’n interessante nuwe baadjie by die Baxterteater in Kaapstad. Die gelyknamige The Glass Menagerie is Nico […]
Beleef die fees in foto’s
Die 2021 Toyota US Woordfees skuif na September

Die 2021 Toyota US Woordfees word aanstaande jaar vir die eerste keer ’n Stellenbosse lentefees. Dié besluit – om die fees van 17 tot 24 September 2021 aan te bied – is in oorleg met die Universiteit Stellenbosch en verskeie ander belanghebbendes geneem. Die Woordfees-organiseerders het verskeie moontlikhede ondersoek om die fees na óf Februarie […]
Die 2024 Woordfees speel, sprankel en spruit dié blomtyd uit

Die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees bot, blom en bruis dié lente uit met meer as 400 unieke produksies wat in nagenoeg 60 venues in en om Stellenbosch aangebied word. Die fees vind vanjaar van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaas. Die 2024-program bied aan feesgangers die geleentheid om met oorgawe uiting te […]
Die bekroonde ‘Hedda Gabler’ kom in Afrikaans, Engels na die Baxter-teater

Gewere, rose, vars grond en vere. Dis om net ’n handvol rekwisiete te lys op die stel van Christiaan Olwagen se produksie van Hedda Gabler wat binnekort by die Baxter-teater in Kaapstad op die planke gebring word. Dié bekroonde herwerking verplaas Henrik Ibsen se femme fatale na die 21ste eeu met ’n kenmerkend vurige titelkarakter, […]
Die beste plekke vir ’n borrel in die Boland

Die Toyota US Woordfees vind vanaf 7 tot 15 Oktober in Stellenbosch plaas. Kaartjies is nou by Quicket beskikbaar. Met om en by 640 unieke aanbiedings wat in meer as 50 venues in en om die Eikestad aangebied word, is dit beslis ’n goeie idee om jou feestrategie te beplan. Hier is ’n paar wenke […]
Die fees in foto’s

Ons het geborrel dat dit bars, en ons bruis steeds van opwinding oor vanjaar se Woordfees. ‘n Hartlike dankie aan al ons entoesiastiese en bedagsame feesgangers, die kunstenaars wat alles gegee het, ons donateurs (Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi • Nasionale Afrikaanse Teater-Inisiatief, Jannie Mouton Stigting, Johann Brink Trust, L.W. Hiemstra Trust en WF20), […]
Die laaste regte magic

Die teatermaker Nico Scheepers het vinnig naam gemaak met Amper, Vrystaat en Nêrens, Noord-Kaap. Vanjaar is hy by die Toyota US Woordfees met drie toneelstukke – Die engel by die dam, Triple Axel en die Fiësta-benoemde Tien duisend ton. Inspirasie is oral om ons, sê die dramaturg-regisseur Nico Scheepers. Soms klim woorde en beelde van nêrens af in jou kop in, en dan […]