Foto’s: Die Sonkamer
Almal word oud. Sommiges word onthou. Meeste word vergeet. In Huis Aristea bly daar egter ’n klein gemeenskap bejaardes wat hul stories wil deel. Dosyne onderhoude, briewe en opnames is in hierdie eksperimentele verbatimteaterstuk saamgestel en neem jou op ’n dokumentêre reis deur die lewe, liefde, leed, en die ontnugterende wag op die dood. Kwesbare […]
Foto’s: Flikker & Flash – Vrydagaand, 9 April
‘n Groot verskeidenheid digters en musikante van dwarsoor die land het Vrydagnag in Stellenbosch warm gemaak. Dié musiek- en poësieaand is voor die Hofmeyrsaal aangebied. Fotograaf: Nardus Engelbrecht
Foto’s: Flikker & Flash Saterdagaand, 10 April
Saterdagaand het om die 70 kunstenaars in elf onkonvensionele vertoonruimtes in die middedorp van Stellenbosch 16 opwipvertonings aangebied in ‘n wye verskeidenheid van genres insluitend teater, dans, modeontwerp, improvisasie, vertoonkuns, kabaret, hip hop, folk, rock, opera en visuele kuns. Baie dankie aan almal wat saam met ons die kunste in die strate van Stellenbosch gevier […]
Foto’s: Hoe change hulle
Die ghetto het ’n manier van mense insluk en dan maak asof dit is hoe dinge moet wees. Shelly is in die tronk. Hy praat uit die hart oor sy ouers, sy vriende, die government en selfs Lolla, wat elke keer haar outjie vergewe as hy haar verneuk. Shelly is ’n man wat niks het […]
Foto’s: Huppelkind
Pragtige poppe en uitstaande stemwerk gee nuwe lewe aan W.O. Kühne se klassieke Huppelkind. Fotograaf: Retha Ferguson
Foto’s: Jakkals & Wolf Onbeperk
Jakkals en Wolf Onbeperk bied ’n humoristiese en kontemporêre blik op die bekende dierestories wat al vir langer as ’n honderd jaar deel van ons inheemse storieskatkis is. Met: Kabous Meiring, Wahnice du Toit, Robert Hindley, Cantona James, Veronique Jephtas, Ané Koegelenberg, Melissa Myburgh, Alistair Seymour, Nisa Smit, Devonecia Swartz, Wian Taljaard, Frazer Barry, Deniel Barry, Breyten Treurnicht Fotograaf: Stefan […]