Galery: EasyEquities Skrywersfees-hoogtepunte | 2026

By die 26ste Toyota Stellenbosch Woordfees was boeke weer bo. Die EasyEquities Skrywersfees het boekmense, boekskrywers en boekwurms saamgebring vir inspirerende skrywersgesprekke, boekbekendstellings, digkuns en meer. Vanjaar se feesdigter, Tom Dreyer, se woorde het vlerke gekry, en poësie met vierpotige vriende by Pote en poëte het ’n beste maat vir feesgangers gebied het. Dankie aan […]
Galery: Fringe

ANGLO ANGST Met: Nichola Viviers, Mia van der Merwe, Jordyn Linklater, Thalia Alberts, Izette Blignaut, Vihann van Rooyen, Zoë-blu Mottram Shakespeare se Romeo & Juliet word Romeo en Johanna: Die Anglo- Boereoorlog-weergawe in dié mal musical van Estefan Coetzee, ’n nuwe regisseur op die toneel wat uitblink in eksperimentele teater. Maar met die laaste kleedrepetisie […]
Galery: Kinderfees

LIEWE HEKSIE VANG VIS Met: Margit Meyer-Rödenbeck, Deon van Zyl Die Liewe Heksie-span, wat twee jaar agtereenvolgens die Kanna vir beste kinderteater by die KKNK gewen het, is terug – met Levinia wat dié slag sukkel om die vis aan die besemstok te laat byt. Intussen raak koning Rosekrans se forelle ál minder – is […]
Galery: Klassieke musiek

BEETHOVEN STRING QUARTRETS Met: Suzanne Martens (eerste viool), Philip Martens (tweede viool), Karin Gaertner (altviool), Peter Martens (tjello) Vier van ons land se voorste strykers span saam in die Amici-strykkwartet, wat wyd beskou word as een van die beste kamermusiek-ensembles. Sedert die stigting van Amici in 2006 het hulle al opgetree by die prestigeryke Kaapstadse […]
Galery: Klassieke musiek by die 2026 Toyota Stellenbosch Woordfees

Klassieke musiek bly ’n hoogtepunt van die feesprogram, met alles van opera en orkesuitvoerings tot intieme kamermusiekkonserte. Gunstelinge soos Operagunstelinge III, Moederkerk-orrelweek en Klavier-extravaganza III het teruggekeer, saam met strykersensembles, tjellovertonings, kwartette en kore. ’n Besonderse hoogtepunt was die viering van die wêreldbekende Stellenbosch Universiteitskoor se 90ste bestaansjaar – ’n uitsonderlike mylpaal vir een van […]
Galery: KleinBlouKlip-plaas | 2026

By die Toyota Stellenbosch Woordfees was KleinBlouKlip-plaas die gasheer vir ’n reeks unieke kos- en wynervarings. Louis Jansen van Vuuren en Jak de Priester het vermaak met stories oor die Franse platteland, terwyl Kokkedoor-wenners Hanna en Dirk van der Westhuizen hulle resepteboek met ’n vyfgangfeesmaal gevier het. Sean van Noordwyk en Armand Aucamp het vars […]
Galery: Langtafel

Spys en drank Die Woordfees-langtafel was ’n kulinêre kultuurreis deur Suid-Afrika se koserfenis. Sjef Johnny Hamman het met sy braaikinkels disse voorgesit soos aartappelsamoesas, Maleis-geïnspireerde viskerrie en tandoori-hoendersosaties. Ouma Rooi se koeksisters en melktert het vir smullekker nagereg gesorg, en die geselligheid is aan die gang gehou met smaaklike happies. Kou- én skouspelagtig: ’n Tafel […]
Galery: Langtafel 2022

Lees hier meer oor die Woordfeesdatums vir 2022. Fotograaf: Nanette Evenhuis
GALERY: LANGTAFEL 2023
Die Woordfees het afgeskop met die gewilde Langtafel onder die eike tussen die pragtige ou geboue van Ryneveldstraat. Vanjaar het Bertus Basson en die topdrie-spanne van kykNET se koswerklikheidsreeks Kokkedoor: Vuur en vlam vir die spesiale spyskaart gesorg. Foto’s: Liesl Steenkamp en Nanette Evenhuis
Galery: Langtafel 2025

Fotograaf: Nanette Evenhuis Spys en drank Die geliefde Langtafel is nie net ’n gesellige feesmaal nie – dis die amptelike bekendstelling van die Toyota Stellenbosch Woordfees, ’n lentekuier met ’n eg Suid-Afrikaanse kosreis. Die Langtafel is weer onder die eike tussen die mooi ou geboue van die feeskern in Ryneveldstraat gedek. Die bekroonde kosskrywer, sjef […]
Galery: Langtafel 2026

Fotograaf: Nanette Evenhuis Die lang kuiertafel Die geliefde Langtafel is nie net ’n gesellige feesmaal nie – dis die amptelike bekendstelling van die Toyota Stellenbosch Woordfees, ’n lentekuier met ’n kosreis en ’n straatmakietie. Die Langtafel is weer onder die eike tussen die mooi ou geboue van die feeskern in Ryneveldstraat gedek. Sjef Mynhardt Joubert […]
Galery: Netwerk24 by die 2026 Woordfees

Netwerk24: ‘Die onderhoud met Mia Spies’ Vyf inspirerende Suid-Afrikaners. Vyf unieke stories. En baie vrae. Mia Spies het gesels met Geordin Hill-Lewis, Michiel le Roux, Frank Opperman, prof. Deresh Ramjugernath en dr. Elna Rudolph oor hulle stories, loopbane, perspektiewe en die dinge wat saak maak. Fotograwe: Gys Loubser, Ivan du Plooy, Natalie Gabriels, Stefan Els […]