GOEIE NUUS VIR MATRIEKS EN TEATERVLOOIE

Twee dramas, wat vir Afrikaans Huistaal in graad 12 voorgeskryf word, is vanjaar spesiaal vir Woordfees TV verfilm: Adam Small se Krismis van Map Jacobs en Reza de Wet se Mis. Die feeskantoor word sedertdien oorval met navrae van skole en leerders wat graag na hierdie produksies wil kyk in voorbereiding op die naderende matriekeksamenvraestel […]
GOU KOOP OF MISLOOP!

Dis amper tyd om te speel! Die Toyota Stellenbosch Woordfees begin die naweek. ONTHOU: Alle aanbiedings is nie vir die volle duur van die fees te sien nie. Jy moet dus wikkel om dié blitsverkopers te ervaar wat net tot 1 Oktober aangebied word. Die Woordfees duur van 28 September tot 6 Oktober. Kry jou kaartjies by quicket.co.za. […]
Groot kortverhaalwenner op Woordfees TV bekend gemaak

Die 22ste Toyota US Woordfees is vanjaar op ’n opwip-TV-kanaal aangebied – vandaar die feestema, “Iets anders”. Die 2021 US Woordfeeskortverhaalbundel, wat die feestema as titel het, is daarom ook 4 Oktober op Woordfees TV (DStv-kanaal 150 en GOtv-kanaal 15) bekend gestel. Die algehele wenner van die kompetisie is by hierdie geleentheid aangekondig. Du Toitskloof […]
Groot oes van Fiësta-benoemings

Die benoemings vir die 11de kykNET Fiësta-toekennings is pas bekend gemaak. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste – Toyota US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaatfees en Aardklop – kom in aanmerking vir dié gesogte pryse. In 2020 was die uitvoerende kunste onder geweldige druk weens die Covid-pandemie. Juis daarom sê Karen […]
Hierdie skrywers het die US Woordfees Kortverhaalbundel 2021 gehaal

Vier-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel, wat by die Toyota US Woordfees 2021 vanaf 17-24 September te koop sal wees. Dié kortverhaalbundel, wat sedert 2016 jaarliks gepubliseer word, se titel is altyd dieselfde as die feestema, maar omdat die fees as gevolg van die Covid-pandemie volgende jaar vanaf Maart na […]
Hierdie skrywers word in US Woordfees Kortverhaalbundel 2020 opgeneem

Saartjie Botha, Toyota US Woordfeesdirekteur, is opgewonde oor die hoeveelheid nuwe stemme in die 2020-bundel: “Dis verblydend dat twaalf van die 26 skrywers wat opgeneem word, nuwe stemme is. Saam met nuwe skrywers kom nuwe stories en vars invalshoeke. Die Woordfees wil ’n platform vir sowel gevestigde as ontluikende kunstenaars wees.” Die skrywers van die […]
HOE KYK EK WOORDFEES TV?

Woordfees TV is net van 1-7 Oktober op DStv-kanaal 150 en op Go TV-kanaal 15 in Namibië beskikbaar. Alle Premium- en Compact Plus-intekenaars het toegang tot hierdie opwipkanaal en hoef niks ekstra te betaal nie. As jy nog nie op DStv ingeteken is nie, kan jy dit maklik vir ‘n maand doen en dit gaan […]
Hoe werk die Spaar Bar?

Oop van 09:00 tot 15:00 by die Erfurthuis | 11 tot 19 Okt. Jy kan halfpryskaartjies koop vir sekere items op die feesprogram wat binne vier uur plaasvind. Byvoorbeeld: As jy 09:00 by die Spaar Bar is, kan jy sekere vertonings tot en met 13:00 teen halfprys koop. As jy 10:00 opdaag, is sekere vertonings tot en […]
Hoogtepunte van Woordfees TV 2022

Die feesprogram van Toyota US Woordfees TV 2022 is op 21 Junie gelyktydig op die Toyota US Woordfees Facebook-blad en DStv YouTube-kanaal bekend gestel. Spesifieke uitsaaitye en -datums sal eersdaags bekend gemaak word. Klik hier om na die bekendstellingsvideo te kyk. Klik hier vir die programhoogtepunte in PDF-formaat.
Húlle is benoem vir 2024 Woordtrofees

Die spele is nie heeltemal verby nie – die podium wink. Die benoemings vir vanjaar se Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak, met ’n nuwe prys wat na die legendariese joernalis Martie Meiring genoem word. Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 28 Oktober by ’n toekenningsgeleentheid op Stellenbosch aangekondig. […]
Hy loop al vyf jaar met dié idee, sê Deon Opperman

“Ek ag myself nie ’n ‘boodskap’-dramaturg nie. Ek probeer altyd om ‘n ‘slice of life’ aan te bied waarin my gehore realiteite en probleme wat tot hulle eie lewens relevant is, konfronteer, en saam met die karakters deur daardie uitdagings werk.” Só vertel die tweemalige Hertzogpryswenner Deon Opperman. ’n Nuwe toneelstuk uit sy pen, Die […]
Johannesburg-programbekendstelling

Die Toyota US Woordfeesprogram vir 2020 is ook by ‘n intieme geleentheid in Johannesburg op 19 November aan kunstenaars en media bekend gestel. Dié geleentheid het in die Dunkeld Onafhanklike Teater plaasgevind. Loftus Marais het gedigte voorgelees en Bad Peter het musiek gemaak.