Die 2023-program, wat in verskeie opsigte aan die bruising in die feestema, Borrel, gestalte gee, is Donderdagaand 22 Junie by ’n spesiale borrel (soos die Nederlanders ’n partytjie noem) op die Muratie-wynlandgoed met Tracey Lange as seremoniemeester bekendgestel.
Die program is op woordfees.co.za beskikbaar waar ’n PDF van die volledige feesgids ook in Afrikaans en Engels afgelaai kan word. Die gratis gedrukte feesgidsboekie is by die Woordfeeskantoor in die Erfurthuis (Rynveldstr. 37, Stellenbosch) te kry en sal ook binnekort by verskeie biblioteke, boekwinkels, toeristeburo’s en gastehuise in die Wes-Kaap beskikbaar wees, solank voorrade hou.
[Fotograaf: Chante Moffat]
Mooimaak en mannekrag: XL Events & Charcoal Consultants
Kroeg: Salute
Spyseniering: Annalize Catering
Plek: Muratie Canvas
Wyn: Muratie
Musikante:
Hezron Chetty saam met Jeanré Leo & Cj Duckitt
Gedigvoorlesing: Wessel Pretorius
Tegnies: Audio Pimps
Beligtingshulp: Nico Scheepers