Kom ons begin ‘n beweging

Die kunste is soms geneig om só te fokus op die individuele ervaring van kunstenaars, gehore, kykers en lesers, dat die waarde van gesamentlike ervaring geringgeskat en afgemaak word. Te midde van alles wat in 2019 sleg en swaar was in Suid-Afrika, is daar twee gebeurtenisse wat uitstaan en herbevestig dat die hoop nooit beskaam […]
Meesterstuk van vertroosting, hoop en vreugde

Johannes Brahms se belangrikste geestelike werk vir koor, orkes en soliste, Ein deutsches Requiem, word vanjaar by die Toyota US Woordfees opgevoer. Johan de Villiers dirigeer dié spesiale vertoning, en die Libertas-koor met Petri Salonen as konsertmeester, Zorada Temmingh op die orrel en soliste Lynelle Kenned en Conroy Scott om dié meesterstuk met ’n roerende boodskap […]
Merke, gereed, 24 Augustus

Die Toyota US Woordfees vind van 10 tot 16 Oktober die eerste keer sedert 2020 weer in Stellenbosch plaas. Die feestema vanjaar is “Wild” en die Woordfeesspan is besig om ’n program saam te stel wat jou nooi om jou verbeelding in die Eikestad los te laat en só nuwe moed en asem te skep. […]
Musiek laat mense weet hulle is nie alleen nie

Mariam Batsashvili van Georgië is die eerste vroulike pianis wat die Internasionale Franz Liszt Klavierkompetisie gewen het. Sy het al saam met van die wêreld se mees gevierde orkeste opgetree, waaronder die Nederlandse Radio Filharmonie, die Koninklijke Concertgebouw Orkes, en die Rotterdam- en die Brussel Filharmonie. Sy gee vanjaar ‘n solo-klavieruitvoering by die Toyota US […]
Nagtegaal-teksprys-wenner: Dianne du Toit Albertze betower met ‘uitmuntende tegniek’

Die wenner van die gesogte Nagtegaal-teksprys vir 2025 is die Namakwalandse skrywer, aktrise en teaterskepper Dianne du Toit Albertze. Die Nagtegaal-teksprys is die grootste teksskryfkompetisie in Suid-Afrika en het in 2024 herleef in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees. Vir haar wenteks, Huis van sand, ontvang Du Toit Albertze naas prysgeld van R100 000 ook […]
Nuwe Vensters-formaat ’n groot sukses

Vensters is ’n geliefde Stellenbosse tradisie. Dit is die jaarlikse hoogtepunt van die verwelkomingsprogram vir nuwe aankomelinge op kampus en word deur die koshuise en privaat studente-organisasies (PSO’s) van die Universiteit Stellenbosch georganiseer. Vir hierdie geleentheid kom koshuise en PSO’s saam in spanne en die eerstejaarstudente van elke gemeenskap skep ’n vertoning van ongeveer 15 […]
Op 23 Junie sal jy weet wat borrel en bruis by die Woordfees vanjaar

Die Toyota US Woordfees se tema vir 2023 is pas bekend gemaak saam met die datum van die programbekendstelling vir vanjaar se fees. Die nuwe feestema is Borrel, wat ’n verskeidenheid assosiasies en betekenismoontlikhede inhou. “Enersyds verwys dit na speelse bruising en drif, ’n swewende, dromerige gevoel, onskuldige kinderpret met seepbelle, en die lekker […]
Reinet Nagtegaal-teksprys 2026: Wenners bekend

Die wenner van die gesogte Reinet Nagtegaal-teksprys vir 2026 is die joernalis en bekroonde skrywer Rachelle Greeff. Die tweede en derde plekke is onderskeidelik die bekroonde skrywer en radiodramaturg Lee Doubell (oor en oor) en laasjaar se tekspryswenner, Dianne Du Toit Albertze (’n Kraai song). Die Reinet Nagtegaal-teksprys is die grootste teksskryfkompetisie in Suid-Afrika. Vir […]
Skryf nou in vir die 10de Woordfeeskortverhaalkompetisie – jy wen dalk R30 000

Dit is tyd vir die tiende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel-kompetisie. Hierdie bundel het ’n literêre instelling geword en “dien as ’n soort jaarboek waarmee Afrikaanse skrywers iets van die spesifieke tydsgees weerspieël met elke oes kortverhale”, sê Saartjie Botha, direkteur van die Stellenbosch Woordfees. Vorige wenners sluit in die bekroonde Lynthia julius, en die skrywers Michèle Meyer, […]
Skryf nou in vir die 2026 Woordfees-kortverhaalkompetisie – jy wen dalk R30 000

Dit is tyd vir die elfde kompetisie van die Stellenbosch Woordfees-kortverhaalbundel. Hierdie bundel het ’n literêre instelling geword en “dien as ’n soort jaarboek waarmee Afrikaanse skrywers iets van die spesifieke tydsgees weerspieël met elke oes kortverhale”, sê Saartjie Botha, direkteur van die Stellenbosch Woordfees. Vorige wenners sluit in die bekroonde Lynthia julius, en die […]
Skryf nou in vir die Woordfees-kortverhaalkompetisie 2022

Dit is tyd vir die sewende US Woordfeeskortverhaalbundel. Al die vorige bundels is baie goed deur skrywers en die leserspubliek ondersteun en ook gunstig deur kritici ontvang. Hierdie kortverhaalbundels sal in die komende jare dien as ’n dokument van die tydsgees waarin veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners hulself tans bevind. Du Toitskloof Wyne, ’n gewaardeerde Woordfeesvennoot, borg […]
Skud jou vere reg vir ’n wilde Woordfees – in jou huis én in die Bos

Die tema vir die 2022 Toyota US Woordfees is Wild – ’n speelse konsep wat feesdirekteur, Saartjie Botha, sê haar “bruisend entoesiasties maak oor die twee Woordfeeste wat ons vanjaar gaan vier na twee jare van nasionale kommer en frustrasie in en oor die kunstebedryf.” “Wild,” sê Botha, “is wat jy raak wanneer jy niks […]