Foto’s: Woordfees 2020

Fotograaf: Retha Ferguson
FOTO’S: 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees is hier: ‘Vernuwend’

Die 25ste Toyota Stellenbosch is op Vrydag 10 Oktober in die Eikestad ingelui tydens ’n mediafunksie by die US Museum en by die jaarlikse Woordfees-langtafel in Ryneveldstraat. “Om ’n kwarteeu te kan vier, is ’n mylpaal vir ’n kunstefees in Suid-Afrika,” het Saartjie Botha, direkteur van die Toyota Stellenbosch Woordfees, gesê. Volhoubaarheid bly vir haar […]
Galery | VIA by die 2025 Woordfees

VIA se gewilde speletjiesprogramme Slim vang sy baas en Klankbank was terug by die Toyota Stellenbosch Woordfees vir twee ure van plesier met Bier-uur! Feesgangers het kom kuier, speel en ’n gratis bier met die speletjiesmeesters Beer Adriaanse en Arno Greeff geniet. En wat is ’n fees nou sonder wyn en musiek? Wynproe met Via was […]
Galery | VIA by die 2026 Toyota Stellenbosch Woordfees

VIA se teenwoordigheid is ’n instelling by die Toyota Stellenbosch Woordfees en soos gewoonlik het dié TV-kanaal flair en styl bygedra met twee verfrissende leefstyl-aanbiedings. Gesels-ontbyt met Leandie du Randt VIA se gewilde kletsprogram Gesels het vir die eerste keer by die fees ’n draai gemaak vir ’n heerlike ontbytervaring vol koffie, klets en praktiese […]
Galery: ’n Aand van passie-skrywerspartytjie

EasyEquities Skrywerspartytjie Fotograaf: AB Jantjies Die Toyota Stellenbosch Woordfees het in 2000 ontstaan met ’n Nag van passie – ’n deurnagviering van die Afrikaanse literatuur. Die skrywersprogram het deur die jare die hoeksteen, fondament en kroonjuweel van die Toyota Stellenbosch Woordfees gebly. Hierdie partytjie was ’n kopknik aan die skrywersgemeenskap vir hul bydrae oor soveel […]
Galery: Bier-uur

VIA se gewilde algemenekennisspeletjie Slim vang sy baas het weer ‘n draai by die fees gemaak met Beer Adriaanse en Arno Greef as die speletjiesmeesters. Geniet weer die happy hour van Bier-uur met Beer en Arno met dié galery op ons webwerf: BIER-UUR MET BEER ADRIAANSE & ARNO GREEFF
Galery: Dans

KARATARA Met: Shaun Oelf, Grant van Ster, Dean John Smith Baie inwoners verloor alles, party hulle lewe. Karatara is op die Knysna-ramp van 2018 geskoei toe ’n brand in die middel van die nag dele van die dorp in puin gelê het. Dié dans-drama vertel die verhaal van ’n gemeenskap se verlies aan familie, grond […]
Galery: Die Universiteit Stellenbosch by Woordfees 2025

Studentediskoers By die US Konservatorium-amfiteater het studente saam gesels oor vraagstukke wat hulle raak: Hoe deel ons die kampus en maak dit ’n ruimte waar almal tuis voel? Hoe deel ons in mekaar se vreugdes en uitdagings, van geesteswelstand en druk tot die strewe na sukses? Is “balans” ooit werklik moontlik, en hoe lyk die […]
Galery: EasyEquities finansiële gespreksreeks 2026

EasyEasyEquities is nie net die trotse naamgewer en borg van die Toyota Stellenbosch Woordfees nie. “By EasyEquities help ons mense om hul eie finansiële stories te skryf. Stories van insig, van selfvertroue, van moontlikhede. Stories wat begin met ’n klein belegging, ’n eerste stap, en dan stadig maar seker momentum kry,” sê Carel Nolte, hoof […]
Galery: EasyEquities Skrywersfees

VAN HIER TOT VER IN DIE WÊRELD – FIKSIE Aangebied deur Protea, Tafelberg Hierdie land wys die hart van Suid- Afrika; Ver in die wêreld bekyk die lewe in die buiteland. Frederik de Jager het gesels met Valda Jansen, Julian Dewette, Cas Wepener, Gielie Hoffmann en Menán van Heerden oor hulle bydraes – die absurde, snaakse, […]
Galery: EasyEquities Skrywersfees-hoogtepunte

Literêre entoesiaste het by die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees se EasyEquities Skrywersfees bymekaargekom om die rykdom van Afrikaanse asook internasionale literatuur te vier. Gesprekke met skrywers, boekbekendstellings, en die verkenning van verskeie temas het feesgangers geïnspireer en uitgedaag. Roep die reuk van boeke op met ’n terugblik van die hoogtepunte. Boekklubs Dana Snyman: ‘Seun’ ‘Die […]
Galery: EasyEquities Skrywersfees-hoogtepunte | 2025

By die Toyota Stellenbosch Woordfees staan L vir literatuur. Die EasyEquities Skrywersfees het lesers, skrywers en uitgewers trakteer met skrywersgesprekke wat die nuuskierigheid prikkel, insigte bied tot hoe skrywers oorleef, boekbekendstellings, ’n spesiale skrywerspartytjie en meer. Die reuk van boeke bly hang in Stellenbosch. Blaai deur vanjaar se literêre hoogtepunte by die Toyota Stellenbosch Woordfees.