Foto’s: My mense is die kluts kwyt (groot)

’n Blitsvinnige, vlymskerp komedie in die tradisie van Monty Python en eenbedrywe deur Christopher Durang. Ná die sukses van My mense is die kluts kwyt, kyk My mense is die kluts kwyt (is groot) weer met ’n vars satiriese oog na die Afrikaner met al sy geite, vooroordele en fobies. Met: De Klerk Oelofse, Roeline […]

Foto’s: NiksAllesTogIets

De Bois en Manie wil die wêreld red. Dit lyk goed op De Bois se CV, veral as hy die titel as Meneer Suid-Afrika uiteindelik wil verower. Manie het ’n meesterplan, maar om die wêreld ‘n beter plek te maak is ’n groot verantwoordelikheid. Hulle plan is te klein vir twee. Met: Robert Hindley, Allistair Seymour, […]

Foto’s: Openingsaand van die Take-a-STAND-gespreksreeks

Die eerste Take-a-STAND Dialogues-gespreksreeks is op Vrydagaand, 19 Februarie, geopen deur die US-rektor, prof. Wim de Villiers, en die Nederlandse ambassadeur, Han Peters. Die internasionaal gevierde danser-choreograaf Gregory Maqoma het die programrede, “Teater vir wie? Dans vir wat?”, gelewer. Sy toespraak oor die bestaansreg en rol van teater en dans in die kontemporêre wêreld is […]

Foto’s: Salome

Etienne le Roux se Sewe dae by die Silbersteins kry ’n herinterpretasie in hierdie nuutgeskepte eenmanvertoning. Een mens se tragie-komiese poging om homself te artikuleer in die hedendaagse Suid-Afrika.– Met Geon Nel  Fotograaf: Natalie Gabriels