Fotograaf: Nanette Evenhuis
Spys en drank
Die geliefde Langtafel is nie net ’n gesellige feesmaal nie – dis die amptelike bekendstelling van die Toyota Stellenbosch Woordfees, ’n lentekuier met ’n eg Suid-Afrikaanse kosreis. Die Langtafel is weer onder die eike tussen die mooi ou geboue van die feeskern in Ryneveldstraat gedek. Die bekroonde kosskrywer, sjef en TV-persoonlikheid Herman Lensing het sy unieke flair en warmte na die tafel gebring.
Sintuiglik
Niks wek die sintuie meer as styl nie. Met elegante dekor en feestelike straatligte, was die Langtafel ook iets vir die oog en het dit ’n innooiende atmosfeer geskep.
Die mense – die gees, die fees
Die ware betowering van die Langtafel lê by die mense wat dit mee- én moontlik maak. Elke gas het met ’n borrelende gesindheid bygedra tot ’n genotvolle aand. Daar is gegrap, gelag en behoorlik feesgevier.
Lentepartytjie
Die Langtafel was ook ’n viering van 25 jaar van die Toyota Stellenbosch Woordfees. Van ons tema – alles wat ons “Deel” en deel maak – gemeenskap, kuns, kultuur en stories. Carla McKenzie het die aand gelei en Moonshine en die Nomadic Orchestra het vermaak gebied.
Prost op ’n viering vol smaak en herinneringe.