Galery | Skrywersfees: Leefstyl

Indigenous Garden Plants: A Garden Walk

Fotograaf: Pierre Rommelaere

South African Indigenous Garden Plants is ’n omvattende gids met nuttige inligting en foto’s van 2 400 inheemse tuinplante. Om deur die boek te blaai is byna so vervullend as die ware Jakob – die vars lug en grond van jou eie tuin onder jou vingernaels. Geniet ’n bietjie van albei: Kom stap saam met een van die skrywers, die plantkundige en natuurhistorikus Geoff Nichols,deur die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin.

Koesterkos

Fotograaf: AB Jantjies

Ná die sukses van Storiekos is Frik de Jager, die gewilde kok en storieverteller wat gereeld op RSG se Klets en kook verskyn, terug met ’n tweede kookboek. In Koesterkos deel Frik geliefde resepte wat kom uit sy ma, Hermana, en ouma Lenie se resepteboeke wat dateer uit 1914 tot 1989. Frik onthou en koester gunstelinggeregte uit sy kinderjare wat die nostalgie en die verlange saam met die eetlus sal wek. Sit aan vir ’n keurige vyfgangete wat 75 jaar van plaaslike kostradisies en kookprosesse weerspieël, terwyl Frik ook stories en smake uit Koesterkos deel.

The Table

Fotograaf: Gys Loubser

Tradisie ontmoet innovasie, en die hedendaagse en ouwêreldse sit gemaklik saam aan tafel met resepte wat deur Elmarie Berry se Libanese ouma geïnspireer is en met haar eie kreatiewe flair vernuwe is. Die kosjoernalis Jeanne Calitz het gesels met Elmarie oor hoe om onvergeetlike oomblikke aan tafel te skep. Daar was natuurlik ook heerlike happies waaraan gaste kon smul.

Timeless South African

Fotograaf: Gys Loubser

In Timeless South African skryf Ilse van der Merwe oor 101 ikoniese Suid-Afrikaanse geregte. Dis nie net erfeniskos nie, maar relevante en gewilde geregte wat in baie huise en gemeenskappe geniet word. Ingrid Jones het met Ilse gesels oor die resepte en stories agter die diverse geregte, met heerlike versnapperings wat voorgesit is.

Facebook
Twitter
LinkedIn