VIA se gewilde speletjiesprogramme Slim vang sy baas en Klankbank was terug by die Toyota Stellenbosch Woordfees vir twee ure van plesier met Bier-uur! Feesgangers het kom kuier, speel en ’n gratis bier met die speletjiesmeesters Beer Adriaanse en Arno Greeff geniet.
En wat is ’n fees nou sonder wyn en musiek? Wynproe met Via was ’n gesellige affêre met ’n verrassingsmusikant en feesgangers wat ’n glasie geklink het met die komplimente van VIA.



















































