TOYOTA MUSIEKFEES

Na waar goeie jazz is…

Produksie: Jazz at the Konserve – Katemba Quartet
Skrywer: Jaco Brand
Foto’s: Verskaf 

’n Jazz konsert in ’n buitelug-amfiteater klink opsluit Europees. Jy hoef egter nie so ver te reis nie; jy kan dit hier op Stellenbosch by die US Konservatorium beleef.

Die konsert word met oorgawe afgeskop deur lede van die Maties-jazzvereniging. Dan neem die Katemba Quartet hulle plekke op die verhoog in en onmiddellik word jy weggevoer na daardie spesiale plek waarheen goeie jazz jou neem.

Schalk Joubert op baskitaar is ’n rots waarop jy enige jazzkerk kan bou, en saam met die Duitse tromspeler Pascal Haas word meesterlik met ritme geborduur. Muneeb Hermans op trompet is eenvoudig fantasties en die Kaapse kitaarspeler Dylan Fine, wat as ’n gas saam met Katemba optree, sorg deurgaans vir uitmuntende nuanses in die tema.

Die klank en beligting word puik waargeneem deur Houdio van Kaapstad en dra ongetwyfeld by tot die luistergenot en atmosfeer van die vertoning.

Daar is nog een geleentheid om deel te wees van hierdie besonderse konsertreeks – sien besonderhede onder.

Na die afloop van die konsert kan jy aan ’n jam-sessie deelneem – bring dus jou instrument saam!

 

Jazz at the Konserve – Sun Quintent
4 OKT 20:30
120 min | US Konservatorium-amfiteater
R120 | R150 by die deur

Facebook
Twitter
LinkedIn