SPIER TONEEL
Die cost van vrede
Produksie: In die naam van vrede / In the Name of Peace
Deur: Chase Rhys
Jy moet oorie stage en veby Diana Ferrus loep soes jy inkô. Sy sit daa, stil, wag, kyk. Sy smile soes jy gaan sit, gie ’n sagte “hallo” wat mee soes ’n blessing voel as ’n groet.
Die structure is eenvoudig: Diana speel ’n vrou wat trug kyk aan haa lewe as kin. Deoné Strauss, ’n Social Work-student by US, speel die younger self. Buhle Funani speel haa broetjie. Hulle’s kinnes in ’n war zone. Hulle soek hulle ouers. Hulle wiettie wie om te trust nie.
In die naam van vrede issie rêrag ’n toneelstuk nie. Is ’n collage, ’n quilt vasgewêk met movement, story en poësie. En net toe it ampe in ’n sagte montage wil ontaard, draai die spelers na ôs toe, briekie vierde muur en praat oo wat vrede kos. Daai laaste gedeelte is deu Deoné geskryf. Haa naam issie innie writing credits nie, maa it behoor daa wan wat sy geskryfit is brilliant. Sy gie die stuk die stem vannie jongmense. Die is afterall ’n stuk oo jongmense, en met haa addition praatie stuk saam hulle nie oo hulle nie.
Die ienagste stuk stel oppe verhoog is ’n coffin. Soms is it ’n huis, soms ’n skylplek, soms net iets wat hulle vashou wanne die guns skiet. Maa is altyd daa. En annie einde klim Diana self innie kis. It voellie soes ’n dood nie, maa ’n rus.
Die intergenerational duet in hierdie wêk is beautiful. Ná die vertoning sê Buthle vi my: “Die poësie dra baie van die stuk… om met Diana te werk is inspirerend. As ’n jong skrywer dink jy: Ek wil ook só staan en praat met oortuiging.”
Martine Zeeman, die regisseur, laat stilte soos leestekens funksioneer. Geen tegniese tricks nie, geen lawaai nie. Net woorde, liggame, en Charles Louw se klavier wattie soundtrack is vi ’n vrou wat haa jonger self sien strykel en wee opstaan.
Yolanda Ntonyana skitter in various rolle, manne van war. Sy hou die wêreld van geweld anmekaar soedat Diana ennie kinnes kan onthou waavoo vrede bedoel is.
Die ienagste stuk stel oppe verhoog is ’n coffin. Soms is it ’n huis, soms ’n skylplek, soms net iets wat hulle vashou wanne die guns skiet. Maa is altyd daa. En annie einde klim Diana self innie kis. It voellie soes ’n dood nie, maa ’n rus.
Hierdie stuk gie nie antwoorde nie, maa it gie space om te onthou en te rou en om vrede te try, al wiet ôs noggie heeltemal hoe nie.
*
In die naam van vrede / In the Name of Peace
14 OKT 11:00
Fismer