SPIER TONEEL
Almal se liefling lewer weer 'n voltreffer
Produksie: Die siel van Eugène Marais
Skrywer: Marina Griebenow
Foto’s: Nardus Engelbrecht
Derde keer is skeepsreg, lui die spreekwoord. In die geval van die 25-jarige Daniel Anderson se eerste Afrikaanse produksie, Die siel van Eugène Marais, by die Woordfees is dit sonder twyfel in die kol.
Die siel van Eugène Marais, die kabaret wat hy onder die vaandel van Wêla Kapêla Produksies van Oos-Londen doen, is beslis bestem om net so ’n groot treffer te wees soos sy twee vroeëre werke oor oor onderskeidelik Vincent van Gogh en Charlie Chaplin. Hy het vroeër vanjaar Vincent: His Quest to Love and Be Loved in die West End in Londen opgevoer in ’n uitverkoopte venue nadat hy goeie resensies gekry het by die Edinburg-fees in Skotland. Hy is ook pas klaar met ’n hoogs suksesvolle speelvak van The Tramp by die Kunstekaap.
Daniel se voorbereiding vir Die siel van Eugène Marais het dus noodwendig onder baie druk plaasgevind en was ietwat senutergend, veral omdat dit sy eerste Afrikaanse produksie is. “I am not a native Afrikaans speaker and so the idea of my mouth being the sole vessel through which Amanda’s (Afrikaans) words must be carried to an audience was frightening,” sê hy toe ek hom daaroor uitvra. Die “Amanda” na wie hy verwys, is natuurlik die dinamiese skrywer en regisseur van sy kabarette, Amanda Bothma.
“But it has been a beautiful challenge,” gaan hy voort. “What has helped tremendously is that if one goes into Eugène’s history, one finds that he was initially more comfortable in English and came from an English background rather than an Afrikaans one. The script is not entirely Afrikaans as a result. That has allowed me to ease into Afrikaans theatre, but with such a complex character it is still daunting!”
Daniel skrik nie vir harde werk nie. “Hard work and chasing perfection are very important to me. Or perhaps it is not so much about perfection as it is about simply pushing myself to produce a consistent standard. I want people to feel that they will always have an enjoyable time in the theatre with me. Of course this has its flaws as well because it can become the pivot around which all life revolves. As a whole, however, I like to think being disciplined for a craft as beautiful as acting is worth any sacrifice and it’s healthy. It has to be; our bodies are our instruments.”
Van sy instrument gepraat, die beeldskone timbre van Daniel se sangstem is waarskynlik die kragtigste wapen in sy arsenaal van aansienlike talente. Daarom is die formaat van sy kabarette so ongelooflik suksesvol. Al drie die genoemde kabarette bestaan uit ’n biografiese teks deur Amanda, waarop dan kommentaar gelewer word met ongewone musiekkeuses wat Daniel meesterlik vertolk met klavierbegeleiding deur Paul Ferreira.
In die geval van Die siel van Eugène Marais is daar tog ’n verskil wat die musiek betref, want pleks van gewilde en bekende nommers soos altyd gebruik hulle net toonsettings van Marais se gedigte. Volgens Amanda is alles wat by Wêla Kapêla gebeur ’n spanpoging en daarom het hulle op aanbeveling van hulle pianis, Paul, kunstenaars soos Eugene Vermaak, Marissa von Vollenhoven, Lizanne Barnard, Leon Gropp, Dalene Brits, Niel van der Watt en Albrie Helberg genader vir toonsettings. Bestaande werke soos Randall Wicomb se “Winternag” en Anton Goosen se “Die siel van Eugène Marais” is ook ingesluit. Die sangnommers is beeldskoon en totaal oorrompelend, soos “Dans van die reën” en “Mabalêl”, aangrypend soos “Waar Tebes in die stil woestyn” of speels soos “Die spinnerakrokkie”. In die mond van Daniel klink elkeen in ieder geval soos ’n Afrikaanse kunslied.
Die kompleksiteit van Eugène Marais se karakter kom ter sprake. Ek vra vir Daniel of sy bestudering van Vincent van Gogh hom enigsins gehelp het om Marais beter te verstaan. “There are certainly fascinating similarities between Van Gogh and Marais,” antwoord hy, “but what has made this particularly challenging is that Eugène was a different kind of complex: he glides like a duck through life and everything looks OK, but underneath the surface he is kicking away in turmoil. So I’ve tried to make him seem in control of it all until he is not. Unlike Vincent, who was overtly and unapologetically different, Eugène was handsome and suave. He used this to manipulate people so that he could get what he wanted. He was also super intelligent. It’s been an interesting ponderance for me whether Eugene’s addiction to morphine and the ancillary problems that came with that were all committed wittingly by him. This makes it more of a choice. That I find very interesting.”
Soos met haar ander produksies vind Amanda nogmaals ’n ongewone invalshoek om Eugène Marais se lewensverhaal vir die gehoor toeganklik en interessant te maak. Moet dus nie ’n vervelige of liniêre storielyn verwag nie. Boonop span sy die Skoppensboer, die dood, in as ’n karakter, wat die gehoor op die reis deur Marais se lewe vergesel en wat soms selfs as verteller of kommentator diens doen. Volgens haar stel die Skoppensboer ook die verleidelikheid voor wat morfien vir Marais gehad het.
Dit is duidelik dat Amanda gefassineer is deur Marais se karakter. “Hy’t baie naby gekom aan verraad,” vertel sy. “Hy het sir Percy Fitzpatrick se boek oor die Kruger-korrupsie vertaal. Ek dink nie dit sou baie goed afgegaan het by die Boere as hulle dít geweet het nie,” bespiegel sy. “Sy vriendskap met Fitzpatrick het hom in elk geval nie baie gewild gemaak nie.” Sy verkneukel haar ook oor die onderonsies tussen Marais en Paul Kruger.
Moenie Wilhelm Disbergen se bydrae met die stel agterweë laat nie, veral die agtergronddoek met sy reuse-uitbeelding van Eugène Marais se gesig, sy blik stip en intens. Dis een van daardie afbeeldings waar die persoon se oë jou volg waar ookal jy jou in die vertrek bevind. Verder is dit vol sekondêre grafika-elemente soos miere en geskrifte, dinge wat Marais se lewe gekenmerk het. Barry Strydom se beligting dra ook soomloos by tot die atmosfeer van die kabaret. Inderdaad ’n spanpoging van Wêla Kapêla Produksies, al die pad van Oos-Londen.
Al is Die siel van Eugène Marais net 80 minute lank, slaag Amanda daarin om aan die gehoor insae te bied in ’n verrassende hoeveelheid aspekte van sy lewe. Sy huwelik met “Liewe Lettie” en haar oorlye, sy skrywes (en vetes) as koeranteienaar, sy poësie, sy studies en sosiale lewe in Londen, sy verwondering oor die natuur en hoe alles inmekaar steek, sy vertwyfeling oor die lewe en sy rol daarin, sy rokjagtery en verslawing, en dies meer. Amanda skep Eugène Marais knap op papier, maar dis uiteindelik Daniel wat hom vergestalt en onvergeetlik maak.
Op ’n vraag of sy liefde vir die see en die natuur hom groter insae in Marais se karakter bied, antwoord Daniel: “Most certainly. Marais’ connection to nature has been my gateway to finding his essence. Without sounding too melodramatic, I myself sometimes feel more understood by the natural world than by the human world. Marais was a naturalist ahead of his time and it has been amazing to immerse myself in his world and to feel the beauty of his ethereal connection to the Earth.”
*
Die siel van Eugène Marais
19 OKT. 16:30 | Drostdy-teater