SPIER TONEEL
Hoe klink ’n digter se skaduwee?
Produksie: Hortjies dig: Die storie van die digter Peter Blum
Deur: Chase Rhys
Foto’s: Gys Loubser
Hortjies dig is ’n stuk vi ammel van ôs wat daavan hou om te sien hoe ’n skrywer leef. Is vi ôs wat kreatiewe madness up close wil sien. En, of course, is vi mense wat woorde liefhet.
Hortjies dig gaan oo Peter Blum, die digter wat innie 1950’s ’n groot impak in Afrikaanse poësie gemaakit, voo sy wêk verbied is, sy passport ingetrek is, en hy yteindlik die land verlaatit in selfopgelegde exile. Chris van Niekerk speel Blum met energie en allie regte teenstrydighede, hy’s gelyke dele charm en chaos. Hy wys ôs wat oorbly as ’n digter ophou skryf en net bly spoek.
Maa actually, ek lieg, die stuk gannie rêrig oo hom nie. Nie heeltemal nie. It gaan oo Hetta Blum, sy vrou, gespeel deur Joanie Combrink. Sy issie vrou wat oobly mettie manuskripte, die stiltes, en ’n man wattie eens in peace kan ytfade nie. Haa meesterlikheid sit in daai drawl in haa accent, daai glasserige kyk in haa oë, ôs kan sien, hierdie vrou wil nooit wee oo liriese strukture praat nie. Joanie se performance is stil, maa is ’n “stil” soes radio static, daa’s altyd iets wat probee deurkô. Honestly, assie hele show net sy was wat tee drink in ’n pullover, sou it steeds die kaartjie wêd wies.
Francois Toerien se teks is heavy. It hoort soe. Die dialoog het stukkies van Blum se gedigte en real-life briewe. Juanita Swanepoel regisseer met restraint en hou die ritme tussen spoekverhaal en psigologiese portret. Tyd issie liniêr nie, jare vloei in mekaa, die beligting help ôs byhou, is warm wanne liefde onthou, koud wanne spyt ooneem.
Joanie Combrink se performance is stil, maa is ’n ‘stil’ soes radio static, daa’s altyd iets wat probee deurkô.
Die stuk het goeie tempo, maa daa’s ’n punt soe 14 minute voorie einde waa selfs die digters innie gehoo hulle watches begin kykit. ’n 10 minute-sny sal die show benefit.
Die’s ’n stuk vi ammel van ôs wat daavan hou om te sien hoe ’n skrywer leef. Is vi ôs wat kreatiewe madness up close wil sien. En, of course, is vi mense wat woorde liefhet. Gaan kykie show, even as jy nog nooit Blum gelees hettie, of selfs van hom gehoorit nie, Hortjies dig doen dai wêk vi jou. En as jy al vannie man gehoorit, gaan kykie show, it sallie mite laat sin maak.
*
14 Okt. 10:00 | 15 Okt. 19:30 | 17 Okt. 10:00
Venue: HMS Bloemhof Skoolsaal