SPIER TONEEL

Slim stupid komedie

Produksie: Moedswil en muitery
Deur: Chase Rhys
Foto’s: Llewellyn de Wet

Moedswil en muitery, ’n satire deu Ingrid Winterbach en met regie deu Tinarie van Wyk Loots, issie soot lawwe teater wat jou remind hoekô comedy nog saak maak.

’n Skip vetrêk yt Holland, gloe ommie Kaap te “vestig”, maa dryf eerde deu chaos, vampieraanvalle en een man se droom om tydens kolonisering ’n supermarkketting te begin. (Want natuurlik was kapitalisme die ware koloniseerder van die begin af.)

Albert Pretorius is Jan Van Riebeeck, hy kan jou laat lag net deu oppie verkeere plek oppie regte tyd te staan. Brendon Daniels as Maria is foutloos, very demure. En Dean John Smith is hilarious as ’n sexy vampier-agtige wat min narrative sin maak, maa tog heeltemal noodsaaklik voel. Nicole Holm kryp, sy gil, sy trek kostuums aan en af met nul skaamte en selfs minne logic. Sy maak sound effects en gooi haaself innie onsin met ’n soot reckless abandon.

Die issie “comedy-lite” nie. Is full-on, blue jokes en fisiek. Is innie styl van Noises Off en The Goes Wrong Show met choreographed mistakes en ’n gekraakte fourth wall.

Ingrid se skryf is baie funny, daa’s karaktes met ’n naam wat soes ’n STI klink (Blussing-Fermaak), ’n Maria wat mee narratiewe krag het as wat sy besef, en ’n Jan wat lyk asof hy permie oppie rand van ’n panic attack is. Die teks dra die kostuum van farce, maa gly stil-stil ’n skêp kritiek in oo koloniale ambisie, performatiewe witwies en historiese amnesia. Net wanne jy dink is net jokes en rum, kô daa ’n commentary oorie empire wat jou innie maag tref. Dan kô crawl Nicole oorie vehoog met ’n rot agte haa gat, en ôs is trug innie chaos.

Net wanne jy dink is net jokes en rum, kô daa ’n commentary oorie empire wat jou innie maag tref.

Regisseur Tinarie van Wyk Loots verstaan comedic timing. Die vertoning se tempo sak nooit. Daa’s geen weak links, niks filler gags of dooie oemblikke nie. Net 60 minute van aanhoudende malligheid wat somehow nooit ontspoo nie.

In ’n tyd waa alles apokalipties voel, vannie ekonomie tot klimaat, voel Moedswil en muitery radikaal in sy speelsheid. Jy sit in ’n kame vol vreemdelinge en onthou dat komedie, veral slim stupid komedie soes dié, een vannie laaste goed is wat ôs nog bymekaahou.

 *

Moedswil en muitery

16 OKT 14:00 | 17 OKT 10:00 & 13:00 | 18 OKT 09:30 | 19 OKT 19:00
Open Window Filmstudio

Facebook
Twitter
LinkedIn