SPIER TONEEL

Waarie lyf onthou

Produksie: Ont-
Deur: Chase Rhys
Foto’s: Wessel Pretorius

Wian Taljaard se body speaks for itself in Ont-, maa onnerie fisieke performance is ’n storie oo wat it betieken om pyn te erf, om met jou verliede ennie mense daarin vrede te maak, en staarag te skyf na iets wat soes selfaanvaarding voel.

In Ont– gooi Wian Taljaard sy hele lyf innie ding. In dié one man show byg, spring en rol hy tewyl hy met sy veliede en herinneringe wrestle. Hy klim in ’n suitcase, vou homself in ’n klein silwerbad, twirl ommie vehoog, hierdie is ’n baie demanding rol.

Wian skyf tussen karaktes met net ’n paa subtle fisieke shifts en met minimale kostuumveranderinge: ’n leerbaadjie, ’n sonbril, ’n rooi lap. Die characterisation is nooit oordoen nie. Die restraint wêk meestal, maa soms lei it na ’n sekere emosionele distance. Die gesig bly kalm, die oë amper leeg, ennie stem, al is it steady, beweeg binne ’n nou range.

Die stel is kaal, maa potent: ’n silwerbad, ’n Persiese mat, ’n tas, ’n grammofoon. Elke item voel asof it direk yt ’n familie-solder gesource is. Die action trek altyd trug na daai silwerbad innie middel, ’n soot fokus of anker. Loved the music choices, Nina Simone, classic, it het ’n element van sophistication gebring.

Sy teks is epic, layered en poëties, gegrond in memory en mitologie.

As director is Wessel Pretorius hie on point. Daa’s ’n fyn ritme tussen ytbars en stilte, wat maak dat jy nooit heeltemal ytie stuk vallie, al raakie taal dik. Sy teks is epic, layered en poëties, gegrond in memory en mitologie. ’n Taallover’s dream, maa teenie einde voel it effens lank.
Wat Ont- wys, is dat onthou kopwêk én liggaamswêk is. Wian se body speaks for itself, maa onnerie fisieke performance is ’n storie oo wat it betieken om pyn te erf, om met jou verliede ennie mense daarin vrede te maak, en staarag te skyf na iets wat soes selfaanvaarding voel. Hierdie show bly steeds eg en roerend, mee as ’n dekade ná sy debuut.

 *

Ont-
18 OKT 09:30 | 19 OKT 16:30
Spier-auditorium

Facebook
Twitter
LinkedIn