INK
TOYOTA STELLENBOSCH WOORDFEES

Spring vir die laaste feeskaartjies

Deur: Marchelle van Zyl
Foto’s: Nardus Engelbrecht en verskaf

Die Toyota Stellenbosch Woordfees is om die draai. Van 11 tot 19 Oktober gaan Stellenbosch vibreer met kuns, musiek, drama en vermaak. Die Toyota Stellenbosch Woordfees vier hul 25ste verjaardag met ’n feesprogram van meer as 400 produksies, gesprekke, partytjies, konserte en geleenthede. Hier is iets vir almal.

Ekstra kaartjies

Sommige van jul gunstelingshows het vinnig uitverkoop, maar met ’n armdraai of drie kon ons ’n paar ekstra vertonings kry of na ’n groter venue skuif om meer mense te akkommodeer.

Vir Antjie Krog se gesprek oor haar nuutste roman Binnerym van bloed is die gesprek geskuif na die Kruiskerk, wat beteken baie meer mense kan na ons ikoniese Antjie kom luister. Bespreek hier

Nic de Jager, Nataniël, Bertus Basson en Die Vyftigers het almal ekstra geleenthede gekry. Spring dus gou voor hierdie kaartjies ook uitverkoop.

Nic de Jager: In my eie woorde (met Coenie de Villiers)
13 Okt. 15:00 | 14 Okt. 10:00 (ekstra vertoning) | Drostdy-teater | Bespreek hier

Die Vyftigers
14 Okt. 20:00 | 16 Okt. 13:30 (ekstra vertoning) | The Daisy Jones Bar | Bespreek hier

Aan tafel met Nataniël: Bloei+Blom
16 Okt. 12:00 (ekstra vertoning) | 17 Okt. 12:00 | Lanzerac | Bespreek hier

Speelkamersessies met Bertus Basson
15 tot 18 Okt. 12:00 | Eike-restaurant Bespreek hier

Die storie van Vivaldi se ‘Vier Seisoene’
16 Okt. 11:00 | 17 Okt. 11:00 (ekstra vertoning | Fismer | Bespreek hier

Zoid se Psalms

Karen Zoid is bekend vir grensverskuiwende werk. Sy speel met genres en kruisbestuif rock ‘n roll met klassieke musiek, folk, volksdeuntjies, en in Zoid Psalms, inkorporeer sy die kerkorrel in die kerkruimte om ’n rock ’n rolls-how “met ’n sagte hart” saam te stel. Kom geniet die mengsel van ikoniese kerkorrel en die sensasionele energie van Karen Zoid se rock-kitare in die unieke ruimte van die Kruiskerk waar ouwêreldse instrumentasie en kontemporêre musiek vermeng. 

Toyota Musiekfees: Die Woordfeesspan beveel aan
Skrootwerfevangelie by die HMS Bloemhof-sentrum
Omwentelinge: ’n Papierspel by die Drostdy-teater
Ontaard: Spoken Word by die Spier-ouditorium
Hoort met Stephanie Baartman, Janine Neethling by die Drostdy-teater
Sathima’s Africa by The Daisy Jones Bar
Van Ganser Harte by die Drostdy-teater
Zanne Stapelberg: Once Upon a Tune by die HMS Bloemhof-sentrum

Dans onder die sterre

Bring jou dansskoene en kampstoele en maak gereed vir ’n wonderlike reeks buitelugkonserte by die jaar se Toyota Musiekfees. Met genoeg eet- en drinkgoed by die konsert, is die piekniektafel gedek vir ’n week van uitstaande gehalte en partytjievibes. 

Toyota Musiekfees-opelugkonserte: Jan Marais-natuurreservaat
Soweto String Quartet
Will Linley
Mandisi Dyantyis
Early B & Salome
Roan Ash & Brandon Miles
Die Piesangskille

Kuns maak gesond
Met byna 90 kunstenaars en sowat 120 werke word kunsliefhebbers en -beleggers vanjaar behoorlik bederf.

Veldhospitaal is ’n opwindende smeltkroes van kunstenaars wat met kuns, musiek, vertonings en uitvoerings die kyker gaan bekoor en begogel in ’n nuwe baanbrekerfeeskonsep. Die pret speel af by die Libertas-plaas. Dis definitief ’n moet-ervaring by die fees. Stel jou oop vir iets heeltemal eiesoortig.

Visuele kuns was nog altyd een van die Toyota Stellenbosch Woordfees se swaartepunte. Heinrich Groenewald en Shona van der Merwe het vanjaar se uitstalling byeengebring, in samewerking met die veilinghuis, Strauss & Co., wat ook die aanlynveiling hanteer. Die Woordfees-kunsveiling vind vanaf 6 Oktober aanlyn op www.straussart.co.za plaas en sluit 14:00 op 21 Oktober. Verskillende uitstallings in verskillende ruimtes is ook elke dag oop om te besoek.

Rondleidings deur die kunstenaars voeg waarde by tot die kunservaring en gee konteks aan die visuele ervarings.

Kunstenaars kan ook by hul studios besoek word. Vind die volledige kunsprogram by www.woordfees.co.za.

Tien klaviere, 200 vingers

Laasjaar se Klavier-extravaganza was so ’n groot sukses dat daar besluit is om ’n tweede uitvoering aan te pak. Die Standard Bank Endler se orrel word ook ingespan in hierdie grootse uitspattige uitvoering. Dit was een van die gewildste produksies op laasjaar se program, en dit beloof om weer ’n gunsteling te wees. Moet dit nie misloop nie. Bespreek Klavier-extravaganza II hier.

Klassieke musiek: Die Woordfeesspan beveel ook aan
Afrikaans 100 by die Standard Bank Endler
Da Capo! by die Standard Bank Endler
From Cape Town to Leipzig by die Standard Bank Endler
Operagunstelinge II by die Standard Bank Endler 

Boeke, boeke en nogmaals boeke

Die EasyEquities Skrywersprogram bied aan elke boekwurm iets uniek: Kom lees, skryf, luister en partytjie saam.   
Die Woordfees het in 2000 afgeskop met ’n nag van passie – ’n viering van die Afrikaanse letterkunde. Hierdie jaar is daar ’n spesiale Skrywerspartytjie by die Boekklub in Johannesdal – ’n Aand van passie waar ons terugkyk oor 25 jaar en die glas lig op die skrywers en hul woorde.

Spier Toneel

Die woord en die verhoog is sentraal tot die fees en die jaar is daar weer top-debuutproduksies met die room van die teaterbedryf in aksie.

Spier Toneelfees: Die Woordfeesspan beveel aan:
Boklied by die Open Window Filmstudio
Boesman en Lena by Idasvallei Primêr
Huis van sand by kykNet Rhenish Girl’s High
Hortjies dig: Die storie van die digter Peter Blum by die HMS Bloemhof-skoolsaal
Ek is nie Danie by die Spier-ouditorium
Kinderlê by Idasvallei Primêr
Kompoun by die Adam Small-laboratorium
“KUNS” by die Adam Small-ouditorium
Liefde, Lafras by kykNET Rhenish Girls’ High
Moedswil en muitery by die Open Window Filmstudio
Bridling by die HMS Bloemhof-skoolsaal
The Fugue of Tjebolang by die Adam Small-laboratorium

Vir meer inligting en die volledige program, besoek www.woordfees.co.za.

Facebook
Twitter
LinkedIn