TOYOTA MUSIEKFEES
Die anties rock die hardste
Onderhoud: Camissa Knights en Afterpaartie: World Peace Ensemble
Deur: Dianne Albertze
Foto’s: Verskaf
Jazz is iets wat met jou binnegoed werk, maar ’n mens moet terselfertyd nooit aannames maak nie, herinner Dianne Albertze haarself in die amfiteater by die US Konservatorium waar sy Camissa Knights en World Peace Ensemble saam met ’n groep ‘stil’ anties van Kylemore meegemaak het.
As jy lus het vir ’n lekker debrief na eksperimentele teater, abstrakte kuns of intellektueel uitdagende boekpraatjies, is die US Konservatorium se musiekfunksies saans die plek vir jou. En moet nou nie panty in ’n twist kry nie – dis nie net klassieke musiek en opera wat hier gebeur nie, maar ook sielskos en musiek vir die hart: jazz uit die boonste rak.
Dit gebeur in die US Konservatorium se amfiteater: Daar is lang rye sementtrappe wat met koddige kussinkies versier is, ’n klein grasperkgedeelte om jou guava te skud en ’n verhoog wat groot genoeg vir ’n vier- of vyfman-band, soos die twee groepe is wat ek daar gesien het:
Camissa Knights is ’n jazzkwartet wat bestaan uit vier musikante wat die stage chemistry van ou pelle het. Die kunstenaars gee net ’n knik of smile in mekaar se rigting en dan vloei die een oorgang nog gladder as die anner een. Ryk klanke wat nes rivierstrome inmekaar vloei. Die jazz wat hulle maak, is ’n samekoms van ghoema, tradisionele Kaapse jazz, afrobeat, rock en funk. Die frontman in ’n James Bond-tuxedo en donkerbril was ’n charming MC vir hulle set. Die musiek was so lekker dat tot die mees ingetoё tannies skouers gewikkel het op die aansteeklike beat van Camissa Knights se klankkonsert.
Die kunstenaars gee net ’n knik of smile in mekaar se rigting en dan vloei die een oorgang nog gladder as die anner een. Ryk klanke wat nes rivierstrome inmekaar vloei. Die jazz wat hulle maak, is ’n samekoms van ghoema, tradisionele Kaapse jazz, afrobeat, rock en funk.
Die volgende groep aan die beurt was World Peace Ensemble. Die ouens, onder andere Schalk Joubert, gesels en spot lekker met mekaar soos hulle opset. Dié van ons met nikotienlonge ’n kon bietjie gaan stof maak of die glas weer vol maak. Daar is nie veel mense nie, en dié wat wel hier is, sit stilletjies. Sulke lonesome music lovers en ’n paartjie hier en daar. Ook ’n groep ouer vroue wat rustig eenkant sit met hulle drankies en die musikante dophou.
Word Peace Ensemble is min gespin oor of dié nou ’n Endler of OppiKoppi stage is, want hulle het gekom om ’n show op te sit. ’n Jazz-Groove-meets-Blues-kombinasie. Musiek wat ingeleef voel. En die lekkerste is om te sien hoe die musikante hulleself geniet.
Ongelukkig is die stukkie grasperk wat as dansbaan gedien het nooit benut nie. Ek het eers gemeen dis maar oor wit mense nie kan dans nie, maar die crowd was ’n mengelmoes van mense wat dam nie net bleekvelle was nie. Almal het stilletjies ’n hand op die heup laat klap of ’n voet laat op en af.
Toe die show middernag klaar is, skarrel ek om ’n Bolt te kry. Die man wat met die kaartjies werk, keer my voor en sê hy’t ’n lift vir my. Ek wil eers kamma vir my ordentlik hou en vriendelik nee sê, maar toe waai hy reeds na ’n kar om nader te kom. Dis ’n bakkie vol anties. Klim, beduie hulle, en ek spring in.
Word Peace Ensemble is min gespin oor of dié nou ’n Endler of OppiKoppi stage is, want hulle het gekom om ’n show op te sit. ’n Jazz-Groove-meets-Blues-kombinasie. Musiek wat ingeleef voel. En die lekkerste is om te sien hoe die musikante hulleself geniet.
Die klomp girls is van Kylemore en het spesiaal vir een se birthday kaartjies gekoop om Camissa Knights te kom kyk. Hulle geniet egter toe so vir World Peace dat hulle sommer dit ook kyk.
Soos die driver oor haar Toni Braxton boyscut vryf en die stereo harder sit, speel A$AP se “Fkin’Problem” oorverdowend en al die anties sing saam:
I love bad bitches
That’s my fucking problem
Toe leer ek dat ’n mens nooit aannames moet maak nie. Ja, die gehoorlede het dalk nie gedans nie, maar dit beteken nie hulle was nie mal oor die show nie. Jazz is tog iets wat met jou binnegoed werk, dit oopmaak, gesond maak en laat voel. Dit is presies wat die twee groepe reggekry het. Maar dis nog steeds die anties wat die harste rock.




