SPIER TONEEL: STANDUP

Van ’n stal tot ’n standup-ster

Onderhoud: Nik Rabinowitz: Mountain Jew
Deur: Jo-Ann Floris
Foto’s: Verskaf

Nik Rabinowitz hou nie terug met geloof en grappies nie. As jy ’n sensitiwiteit oor dié dinge het, gooi maar ’n wye draai, want hy spot fyn. Maar letterlik almal loop deur: Jode, Moslems, Christene, anties van die platteland, omies “wat lyk of hulle van vleis, rys en aartappels” lewe, skryf Jo-Ann Floris.

Wie sou nou kon dink ’n versameling ou vergeelde foto’s, amptelike dood- en geboortesertifikate en random anekdotes sal net die doepa wees om ’n standup-komedie soos met ’n kettie te skiet na ’n nuwe dimensie!

Nie een die afwagtendes wat buite die HMS Bloemhhof se saal saamgedrom het toe dit tyd was om die deure te open het gedink dis snaaks toe die deure toe bly vir Nik Rabinowitz se Mountain Jew nie.

Tegniese probleme, kom daar uiteindelik so ’n benoude aankondiging. ’n Klomp het maar hulle teleurstelling probeer verdrink in nog ’n glas witwyn terwyl hulle wag. Uiteindelik, so 15 minute later, swaai die deure oop soos ’n mens kan dink die Rooi See oopgemaak het, en die volk stroom deur.

Ek dink aan Moses en die Rooi See, want Rabinowitz hou nie terug met geloof en grappies nie. Die titel van die vertoning kom losweg van die eeue oue vraag: Watter soort Jood is jy?’’

Dan rammel hy al die opsies af (Hy is ’n selfverklaarde Mountain Jew, want hy bly onder die berg).

As jy ’n sensitiwiteit oor dié dinge het, gooi maar ’n wye draai, want hy spot fyn. Almal loop deur: Jode, Moslems, Christene, anties van die platteland, omies “wat lyk of hulle van vleis, rys en aartappels” lewe.

Toe Rabinowitz wegtrek, toe word dit ’n donderslag van gelag, vuiste wat op knieë geslaan word en elke hier en daar ’n ‘no way!’

Of die witwyn iets daarmee te doen gehad weet, weet ’n mens nou nie, maar teen die tyd dat die show begin het, was die gehoor al klaar aan die giggel. Toe Rabinowitz wegtrek, toe word dit ’n donderslag van gelag, vuiste wat op knieë geslaan word en elke hier en daar ’n “no way!”

Hy het sy huiswerk goed gedoen. Op die groot skerm agter hom flits die familiestamboom. Ou foto’s van familie, kamma-familie, doopseëls, huweliksregisters, selfs doodsertifikate. En hy laat loop.

Die oom is dood aan ’n groin rash en heart failure. Daar is ’n paar heart failures. Daai een wat saam met sy pa in die oorlog geveg het se vegvliegtuig is deur die Duitsers afgeskiet. Die arme drommel is van onder getref. Soos van onder-onder – en dis waar die word cockpit vandaan kom, vertel hy sonder om ’n slag te mis.

Kan jy dit oorvertel, nog ’n oom het ook ’n groin rash gehad, maar hy is erger getref. “Jy weet, tot daar agter, ja, dáár. Kom ons noem dit sommer sy Steve Hofmeyr.”

Die gehoor het lustig meegedoen. Hy vra: Is iemand se voorvaders van Litaue (dis waar sy wortels lê).

Dit is een hengse lekker show, maar as jy nie lekker bybly nie, gaan van die grappe en woordspeling oor jou kop woer-woer.

“Ja!” skreeu ’n vrou uit die gehoor.

Hy probeer haar uitvang. “Wat is jou naam?”

Megan, skree sy terug. En jou van?

Sy kan nie gou genoeg antwoord nie, en van die ander kant van die saal bulder ’n stem tot haar redding. Die van kan ek nie nou onthou nie, maar soos Rabinowitz aanhou vrae vra, raak die twee se storie ’n bietjie dun aan waarheid. Maar dit maak nie saak nie, dit sorg vir skreeusnaakse oomblikke.

Hy wil nie sy eie beuel blaas nie, maar hy moet net noem hy is een van net twee Joodse babas wat in ’n stal gebore is. In sy geval is die stal al toe lankal omskep in ’n heel lekker kothuis op die plaas, maar vir wat sal ’n mens nou sukkel met feite. Soos hy dit stel: “I’m just saying.”

Op een foto is ’n rietmandjie waarin hy vir waarheid vertel sy ma in afgelaai is van die boot met ’n kleine baba op haar bors.

“Weer eens, ek wil nie myself ’n Moses noem nie, maar al wat ek sê, daar is bewyse.”

Dit is een hengse lekker show, maar as jy nie lekker bybly nie, gaan van die grappe en woordspeling oor jou kop woer-woer. Shame, soos die vrou ’n stoel of wat van my af. Ná die vertoning sê sy vir haar vriendin: “Fok, ek het die helfte van die jokes nie verstaan nie, maar dit was nog steeds snaaks!”

As net die helfte van die grappe jou heel vertoning deur laat nies het van die lag, reken ek dis ’n job well done, Nik Rabinowitz.

#Just saying.

  • Die enigste vertoning was op 8 Oktober in die HMS Bloemhof-skoolsaal.
Facebook
Twitter
LinkedIn