Skryf nou in vir die Woordfees-kortverhaalkompetisie 2022

Dit is tyd vir die sewende US Woordfeeskortverhaalbundel. Al die vorige bundels is baie goed deur skrywers en die leserspubliek ondersteun en ook gunstig deur kritici ontvang. Hierdie kortverhaalbundels sal in die komende jare dien as ’n dokument van die tydsgees waarin veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners hulself tans bevind.

Du Toitskloof Wyne, ’n gewaardeerde Woordfeesvennoot, borg weer in 2022 die prysgeld van R30 000 wat aan die skrywer van die wenverhaal toegeken word. Die res van die skrywers wat in die bundel opgeneem word, sal elkeen R5 000 ontvang, met Du Toitskloof Wyne wat ook ’n bydrae tot hierdie prysgeld maak.

Skrywers wie se verhale vir die bundel gekies word, sal in November vanjaar in die media bekend gemaak word. Die wenverhaal sal eers in 2022, tydens die bekendstelling van die bundel, aangekondig word.

Die publikasie van die 2021 Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel is vanjaar saam met die fees uitgestel. Dié bundel met die feestema, Iets anders, as titel, sal op die Toyota US Woordfees TV-opwipkanaal in Oktober bekend gestel word. Die 2021-wenner sal ook by hierdie geleentheid aangekondig word.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is om 17:00 op 30 September 2021.

Inskrywings wat later as 17:00 op 30 September 2021 ontvang word, sal nie in aanmerking kom nie. Inskrywings sal met ontvangs erken word.

Klik hier vir die aanlyn inskrywingsvorm en meer besonderhede.

Navrae kan per e-pos aan woordfeesbemarking@sun.ac.za gerig word. Slegs skriftelike navrae sal beantwoord word.

Facebook
Twitter
LinkedIn