bly vrydag

Wees bly – vir Bly Vrydag

Die Toyota Stellenbosch Woordfees bied op Bly Vrydag, 26 September 2025, meer as 1 700 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20- tot 80% aan. Alle kaartjies wat op die Bly Vrydag-uitverkoping beskikbaar is, sal teen slegs R50 per kaartjie verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van die dag plaasvind.

“Ons wil soveel moontlik Stellenbossers die kans gee om aanbiedings tydens die fees by te woon. Ons versoek dus mense wat volpryskaartjies kan bekostig vriendelik om nie van die spesiale aanbiedings op Bly Vrydag gebruik te maak nie,” sê Saartjie Botha, direkteur van die Toyota Stellenbosch Woordfees. 

Bly Vrydag werk só: 

  • Kopers kan kontantloos betaal. 
  • Afslagkaartjies is slegs by die drie onderstaande verkooppunte beskikbaar en slegs tydens die gegewe tye. 
  • Die aanbod geld net vir uitgesoekte vertonings. 
  • Die aantal afslagkaartjies per vertoning is beperk.
  • ’n Vaste aantal kaartjies word per verkooppunt beskikbaar gestel.  
  • ’n Maksimum van twee kaartjies per persoon per vertoning by elke verkooppunt.  
  • ’n Maksimum van ses kaartjies in totaal per persoon per verkooppunt. 
  • Vir R50-kaartjies kan geen besprekings of telefoonbesprekings gemaak word nie. Die uithou of omruil van Bly Vrydag-kaartjies is nie moontlik nie. 


Verkooppunte vir Bly Vrydag:

07:00 – 08:30 | HS Lückhoff
10:00 – 12:00 | Erfurthuis
16:00 – 18:00 | P.C. Petersen
17:00 – 19:00 | Erfurthuis

Die lys van produksies vir dié afslagkaartjies:
Algemene kennis
Alan Committie
An Apprenticeship with Sorrow
Annie+Helen
Antjie Krog: Binnerym van bloed
Bach to Bolling
Baljaar: SA Hits
Beyond
Boesman en Lena
Boklied
Boys R Back
Bridling
Cape Ballet Africa: SALT
Cape Town Camerata: A Cappella
Charl du Plessis: All by Myself
Coffee Snobs: Die reis
Da Capo!
Die deurstraalde woord
Die een wat bly
Die koning en sy bruid
Die mag van twee
Die olifant
Die piesangskille
Early B & Salome
Echoes of the New World
Ek is nie Danie
Een deel dit, een deel dat
Elogio de la Danza
Frank Opperman: Opperman af
From Cape Town to Leipzig
The Fugue of Tjebolang
GAT
Grommels
Hoort
Hortjies dig: Die storie van digter Peter Blum
Huis van sand
In the Name of Peace / In die naam van vrede
Jazzart Showcase
Jazz at the Konserve: Ramon Alexander Quintet: The Throwback Project
Jazz at the Konserve: Schalk Joubert Band ft. Sima Mashazi
Jazz at the Konserve: The Melisizwe Plaatjie Collective
Joe Barber
Joshlin: Meer as ‘n naam
Karnaval van die diere
Kinderlê
Klavier-extravaganza II
Koffiekan
Kompoun
Kruger & Tutu: Wit, swart en volkleur serenades
‘KUNS’
Liefde, Lafras
Lize Beekman: Tussen hier en daar
Luna Duo and Juliet String Quartet in Concert
Luna Paige: Die reisigers
Magda en haar Erhard: How “Louw” can you go?
Mandisi Dyantyis
Marc Eugene Lottering
Maze of the Mind
Miracle Tree
Moedswil en muitery
Moederkerk-orrelweek: Arnold Miller
Moederkerk-orrelweek: Christiaan Carstens
Moederkerk-orrelweek: Louna Stofberg
Moederkerk-orrelweek: Winand Grundling
Moederkerk-orrelweek: Zorada Temmingh
Moonlit Menagerie
Moordballades
Mozart in kwartet
’n Hemel wat kan opvou
Nik Rabinowitz: Geriatric Millennial
Nomadic Orchestra
O Fire of the Spirit
Oesie meense
Omwentelinge
Ont-
Ontaard: Spoken Word
Operagunstelinge II
Padkos & Polyphony
Pharanoid
Rescue Remedy
Riaad Moosa: What’s the Point?
Roan Ash & Brandon Miles
Sathima’s Africa
Schalk Bezuidenhout: Mamma se groot seun
SboNdaba Dance: In search of our Humanity
Sing jou lied
Skop, skiet en donner
Songs of Love and Solitude
Sonografie: Grepe in Roots en Blues
Soweto String Quartet: Klassiek en kwêla tot tango en techno
Taalgenoot-Ruk en Rym-finaal met Jack Parow
The Barber of Seville
The Magic Flute
The Moon Looks Delicious From Here
The Ugly Noo Noo
Tygerberg Kinderkoor: Souvenirs
Van Der Aven
Van ganser harte
Vannie wal, Af.
Voces Cordis
Will Linley
Zanne Stapelberg: Once Upon a Tune
Zoid Psalms

Lees hier meer oor dié produksies op die 2025-program van die Toyota Stellenbosch Woordfees.

Facebook
Twitter
LinkedIn