Die benoemings vir die Toyota Stellenbosch Woordfees se Woordtrofees-toekennings vir 2025 is bekend. Die wenners word op 13 November by ’n geleentheid in die Endlersaal op Stellenbosch vereer.
“Die werk wat kunstenaars na die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees gebring het, was van indrukwekkende gehalte,” sê Saartjie Botha, direkteur van die Toyota Stellenbosch Woordfees.
Die Woordtrofees vereer jaarliks kunstenaars wat uitnemend presteer het op die fees. Die wenners ontvang elkeen ’n oorkonde en prysgeld.
Die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl word by die Woordtrofees-toekenningsgeleentheid aangekondig, asook die toekennings vir die WOW-laerskool sowel as -hoërskool van die jaar. Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n sustersprojek van die Toyota Stellenboch Woordfees. Die beste joernalis van die Toyota Stellenbosch Woordfees se feeskoerant, INK, sal ook aangewys word. Vir hierdie toekenningskategorieë is daar egter geen kortlyste nie.
Die beoordelaarspaneel het bestaan uit:
- Sameroeper: Mareli Pretorius
- Toneel: Henriëtta Plattner (néé Gryffenberg), Malan Steyn, Robyn van de Rhede, Haddad Viljoen
- Kontemporêre musiek (klein groepe): Frazer Barry, Liela Groenewald, Tersia Harley
- Kontemporêre musiek (opelugkonserte en groter groepe): Wendy Joy Crowley, Gustav Franzsen, Laurinda Hofmeyr
- Klassieke musiek: Marietha Channell, Arthur Feder, Maryke Lintvelt
- Dans: Mmatumisang Motsisi, Mduduzi Nyembe, Estelle Olivier
Die benoemings is:
KONTEMPORÊRE MUSIEK
Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: Klein groepe
- Amanda Strydom: Breekgoed en balsem met Amanda Strydom, Coenraad Rall (pianis, komponis en musiekregisseur) en Susan Mouton (tjellis)
- Hoort met Stephanie Baartman en Janine Neethling. Regisseur: Elsabé Zietsman. Musiekregisseur: Janine Neethling
- ’n Hemel wat kan opvou met Deon Meiring. Musiekregisseur: Francois van der Merwe
- Ontaard met Pieter Madibuseng Odendaal (digter, musikant, komponis), saam met Odwa Bongo en Luke Verteken (musikante). Musiekregisseur: Ruan Vos




Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: Opelugkonserte en groter groepe
- Mandisi Dyantyis
- Ramon Alexander Quintet, The Throwback Project
- Sathima’s Africa: ’n Huldeblyk aan die Jazz-legende Sathima Bea Benjamin (Musiekregisseur: Basil Appollis)
- The Melisizwe Plaatjie Collective: Pieces of Me
Spesiale uitskietertoekenning vir ’n wêreldklas- vokale uitvoering binne kontemporêre musiek (geen benoemings)
- Jolyn Phillips in Sathima’s Africa: ’n Huldeblyk aan die Jazz-legende Sathima Bea Benjamin

KLASSIEKE MUSIEK
Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: Instrumentaal
- Bach to Bolling met Peter Martens, Charl du Plessis, Peter Auret en Werner Spies
- Beethoven Triple Concerto met o.a. Peter Martens, Suzanne Martens en Elna van der Merwe
- Gabriel’s Oboe met o.a. Kyeong Ham
- Luna Duo & Juliet-strykkwartet (met die Luna Duo en die Juliet-strykkwartet)



Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: Vokaal
- Cape Town Camerata: A Cappella (Dirigent: Leon Starker)
- Operagunstelinge II (Musiekregisseur: Elna van der Merwe)
- Songs of love and solitude (met Brittany Smith en Alex Gabriel)
- Voces Cordis (Dirigent: André van der Merwe)



Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: Innovasie
- Luna Duo & Juliet-strykkwartet (met die Luna Duo en die Juliet-strykkwartet)
- Miracle Tree (Regisseur: Jade Bowers)
- Padkos & Polyphony (The Scullery Quintet)
- Viola Dialogues (met o.a. Petrus Coetzee en Azra Isaacs)




DANS
Beste dans-gedrewe produksie
- Beyond: A Fantasy Cirque Experience (Regisseurs: Anton Luitingh en Duane Alexander)
- GAT (Regisseur en choreograaf: Byron Klassen)
- Maze of the Mind (Regisseur: Grant van Ster)
- SboNdaba Dance: In search of our humanity (Choreograaf: Sbonakaliso Ndaba)




TONEEL
Beste byspeler (manlik)
- David Viviers (Boklied)
- Dean John Smith (Moedswil en muitery)
- Jefferson J. Dirks-Korkee (Huis van sand)
- Shaun Oelf (Bridling)


Beste byspeler (vroulik)
- Hannah Borthwick (Boklied)
- Joanie Combrink (Hortjies dig: Die storie van die digter Peter Blum)
- Lynette du Plessis (Kinderlê)
- René Cloete (Huis van sand)




Beste speler (manlik)
- Albert Pretorius (Ek is nie Danie)
- Angelo Bergh (Kompoun)
- De Klerk Oelofse (Boklied)
- Wilhelm van der Walt (Seun)




Beste speler (vroulik)
- Buhle Ngaba (Bridling)
- Daneel van der Walt (Die een wat bly)
- Kristen Raath (Huis van sand)
- Melissa de Vries (Kompoun)




Beste ensemble
- Boklied
- Die een wat bly
- Kuns
- Moedswil en muitery




Beste opkomende kunstenaar
- Kerwin Albertus (Pieces of Me, The Melisizwe Plaatjie Collective)
- Henco Bester (Pieces of Me, The Melisizwe Plaatjie Collective)
- Alyssa Jacobs (Kenan ennie Klopse)
- Jeanne-Marié Koekemoer (Die koning en sy bruid; Die olifant; Kenan ennie Klopse)
- Phoebe Mgxaji (Een deel dit, een deel dat)
- Sasha Nkonyana (Maze of the Mind)
- Adri-Jo Waterboer (Joshlin: Meer as ’n naam)
Uitsonderlike tegniese bydrae
- Nicola Pilkington vir die projeksieontwerp van Bridling
- Schalk Joubert vir die regstreekse klankontwerp in Ek is nie Danie
- Elana-Marié Snyman vir die teaterpoppe in Die olifant
- Frankie van Straten vir die ontwerp van The Magic Flute/Die towerfluit




Beste teks: Beste verwerking en/of samestelling
- Danie Marais (Ek is nie Danie)
- Jolyn Phillips (Kompoun)
- Francois Toerien (Hortjies dig: Die storie van die digter Peter Blum)
- Nadia Davids (Bridling)




Beste regisseur
- Jay Pather (Bridling)
- Marthinus Basson (Boklied)
- Nico Scheepers (Seun)
- Wolf Britz (Huis van sand)
Beste eenpersoonsvertoning
- Ont- met Wian Taljaard
- Rescue Remedy met Roland du Preez
- Seun met Wilhelm van der Walt
- The Ugly Noo Noo met Andrew Buckland




Beste toneelstuk
- Boklied
- Bridling
- Ek is nie Danie
- Huis van sand
- Kompoun










