KOM KUIER EN DINK SAAM OP STELLENBOSCH

Dr. Leslie van Rooi
Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie, Universiteit Stellenbosch
As jy, soos ek, nou deur hierdie wonderlike Woordfeesgids blaai en begin aantekeninge maak by al die items wat jy graag wil sien, is jy waarskynlik gelyktydig oorweldig en super-opgewonde. En hoe dan anders? Die Woordfees is terug in persoon en die strate, ruimtes en harte van ons almal by die Universiteit Stellenbosch is gereed om jou hier te ontvang. Die diversiteit van keuses en ervarings wat die fees bied, strook met die diversiteit van mense en idees wat vir ons by die Universiteit belangrik is…