’N GEMEENSKAP WAT FLOREER
Waldimar Pelser
M-NET-direkteur: kykNET-kanale
Wanneer floreer ’n gemeenskap? Dit verg veel meer as net ’n dak oor die kop en kos op die tafel. Florerende gemeenskappe is voortdurend in gesprek, onderling en na buite. Gesonde gemeenskappe tree in gesprek met hulself, met hul geskiedenis, met mekaar en ook met ander gemeenskappe deur woorde, klanke en beelde. Deur diskoers, musiek, die beeldende kunste en dans. Bepaald ook deur teater, TV en film. Dis ’n raserige storie, dié gesprek, en vereis die bereidwilligheid…
KOM KUIER EN DINK SAAM OP STELLENBOSCH
Dr. Leslie van Rooi
Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie, Universiteit Stellenbosch
As jy, soos ek, nou deur hierdie wonderlike Woordfeesgids blaai en begin aantekeninge maak by al die items wat jy graag wil sien, is jy waarskynlik gelyktydig oorweldig en super-opgewonde. En hoe dan anders? Die Woordfees is terug in persoon en die strate, ruimtes en harte van ons almal by die Universiteit Stellenbosch is gereed om jou hier te ontvang. Die diversiteit van keuses en ervarings wat die fees bied, strook met die diversiteit van mense en idees wat vir ons by die Universiteit belangrik is…
MEDIA24
Ishmet Davidson
Uitvoerende hoof: Media24
Menige liefhebber van die kunste spog nou al vir meer as 20 jaar met ’n belangrike jaarlikse gebeurtenis in hul dagboeke – die Woordfees in die Eikestad. Hierdie samekoms onder die akkerbome was nog altyd deel van die fees se unieke bekoring, en dis wonderlik om dit weer te kan doen nadat ons vir twee jaar virtueel moes saamkuier. Dankie aan die organiseerders, kunstenaars, medeborge en almal wat die afgelope twee jaar hard agter die skerms gewerk het…
TOYOTA SUID-AFRIKA MOTORS
Leon Theron
Senior vise-president: Verkope en bemarking Toyota Suid-Afrika Motors
Namens Toyota Suid-Afrika Motors wil ek sê ons is geëerd en opgewonde om deel te wees van die 2022 Toyota US Woordfees. As ’n handelsmerk wat diep in die Suid-Afrikaanse kultuur en plaaslike gemeenskappe gevestig is, is ons bemoedig deur die positiewe terugvoer wat deur ons verbintenis met hierdie kunstefees voortgebring word. Die eerste geleentheid was ’n dawerende sukses – nie net vir die organiseerders nie, maar ook vir ons vennote. Toyota is dus geweldig trots…
WILD NOODSAAKLIK
Cornelia Faasen
Hoof- uitvoerende beampte: Nasionale Teater-inisiatief (NATi)
Wat kan daar nog gesê word oor die laaste twee jaar – oor die kunste en teater spesifiek – wat nog nie gesê is nie? Dat dit moeilik was? Dat die teater en kunstenaars baie swaar gekry het? Dit weet ons reeds. Die ware toets lê egter nog voor: Hoe het feeste aangepas en inderwaarheid herrys uit die as van hierdie moeilike tyd?