TOYOTA SUID-AFRIKA MOTORS

Leon Theron
Senior vise-president:
Verkope en bemarking
Toyota Suid-Afrika Motors

Namens Toyota Suid-Afrika Motors wil ek sê ons is geëerd en opgewonde om deel te wees van die 2022 Toyota US Woordfees. As ’n handelsmerk wat diep in die Suid-Afrikaanse kultuur en plaaslike gemeenskappe gevestig is, is ons bemoedig deur die positiewe terugvoer wat deur ons verbintenis met hierdie kunstefees voortgebring word. Die eerste geleentheid was ’n dawerende sukses – nie net vir die organiseerders nie, maar ook vir ons vennote. Toyota is dus geweldig trots op hierdie vennootskap.

Nou vir ’n brokkie opwindende nuus … Julle het almal gehoor of gelees van die situasie by ons fasiliteit in Durban: ons het groot skade aan die aanleg gely, wat die beskikbaarheid van ons plaaslik vervaardigde modelle soos Hilux, Fortuner, Hiace, Corolla Cross en Quest belemmer het. Ons is egter bly om aan te kondig dat ons ons bedrywighede in Augustus hervat het. Trouens, ons sal teen September teen volle kapasiteit werk.

Ten spyte van hierdie uitdagings glo ons in die veerkragtigheid van die Toyota-handelsmerk. Hoewel dit dalk die ergste ramp is wat Toyota Suid-Afrika nóg getref het, sal die meeste mense onthou dat ons ’n paar ernstige terugslae in die onlangse verlede gehad het, insluitend die verwoestende vloede van 2017. Ek wil jou verseker dat die Toyota-span hard daaraan werk om so gou moontlik te herstel; ons sal selfs sterker terugkeer.

Trouens, dit is ook selfs meer bemoedigend om te sien hoe die vermaaklikheidsbedryf weer lewe kry nadat dit vir dosyne maande weens Covid-19 gely het. Op daardie noot beloof vanjaar se Woordfees meer vuurwerke en opwinding vergeleke met verlede jaar. En ons wil almal ’n wonderlike ervaring by Toyota US Woordfees toewens! Soos per vanjaar se tema, maak asof jy die Dakar Hilux is – raak wild en geniet!

Facebook
Twitter
LinkedIn