Foto’s: Flikker & Flash – Vrydagaand, 9 April

‘n Groot verskeidenheid digters en musikante van dwarsoor die land het Vrydagnag in Stellenbosch warm gemaak. Dié musiek- en poësieaand is voor die Hofmeyrsaal aangebied. Fotograaf: Nardus Engelbrecht
Foto’s: Flikker & Flash Saterdagaand, 10 April

Saterdagaand het om die 70 kunstenaars in elf onkonvensionele vertoonruimtes in die middedorp van Stellenbosch 16 opwipvertonings aangebied in ‘n wye verskeidenheid van genres insluitend teater, dans, modeontwerp, improvisasie, vertoonkuns, kabaret, hip hop, folk, rock, opera en visuele kuns. Baie dankie aan almal wat saam met ons die kunste in die strate van Stellenbosch gevier […]
Foto’s: Kunstenaarsweek-werkswinkels
Die kunstenaars het van 6 tot 9 April in werkswinkels hulle Flikker & Flash-opwipvertonings voorberei onder leiding van agt vooraanstaande fasiliteerders: die teatermakers Andrew Buckland, Gcina Mhlophe, Mmatumisang Motsisi, Sylvaine Strike en Jefferson Tshabalala, die danser-choreograwe Gregory Maqoma en Alfred Hinkel, en die digter en verhoogkunstenaar Jolyn Phillips. Die groepsessies is by die Hoër Meisieskool […]
Foto’s: Openingsaand van die Take-a-STAND-gespreksreeks
Die eerste Take-a-STAND Dialogues-gespreksreeks is op Vrydagaand, 19 Februarie, geopen deur die US-rektor, prof. Wim de Villiers, en die Nederlandse ambassadeur, Han Peters. Die internasionaal gevierde danser-choreograaf Gregory Maqoma het die programrede, “Teater vir wie? Dans vir wat?”, gelewer. Sy toespraak oor die bestaansreg en rol van teater en dans in die kontemporêre wêreld is […]
Foto’s: Take-a-STAND-gesprekke – dag 2
SATERDAGPROGRAM | 20 FEBRUARIE 09:30 Hoekom ons (steeds) teater skep: Vervaardigers/skrywers/regisseurs gesels Deelnemers: Nwabisa Plaatjie, Jefferson Tshabalala, Sbonakaliso Ndaba en Wessel Pretorius 11:00 Wat van ons? Die hoop en drome van bedryfsveterane Deelnemers: Jaqueline Singer, Mannie Manim, Michelle Maxwell en Terry Fortune 12:30 Die dekolonisasie van teater en dans. Beteken dit enige iets? Deelnemers: Musa […]
Foto’s: Take-a-STAND-gesprekke – dag 3
SONDAGPROGRAM | 21 FEBRUARIE 10:00 Ons visie en hoop vir die toekoms: Jong teatermakers gesels Deelnemers: Candice Bernstein, Veronique Jephtas, Alberto Smit, Nancy Sekhokoane en Mark Antony Dobson 11:30 Behoort teater en dans deur die staat befonds te word, gegewe al die ander uitdagings van ons samelewing? Deelnemers: Malika Ndlovu, Mark Heywood, Gregory Maqoma en […]