En die groot wenner is …

… Lynthia Julius vir haar storie “Plat lê soos ‘n Minora blade”. Julius is as algehele wenner aangekondig by die bekendstelling van die sewende US Woordfeeskortverhaalbundel in die Hofmeyr-saal in Stellenbosch op 10 Oktober. Sy wen R30 000 geborg deur Du Toitskloof Wyne. Elke ander skrywer wat in dié bundel opgeneem word, het prysgeld van R5 000 […]