2020 Toyota US Woordfees-programbekendstelling
Die 2020 Toyota US Woordfees-program is Maandagaand 18 November by die Rust en Vrede Landgoed buite Stellenbosch bekend gestel. Hier is ‘n paar van die gaste wat die partytjie op die “groen tapyt” voor die ou Kaaps-Hollandse herehuis geniet het. Die bekende omroeper en oud-Matie Sherlin Barends was die seremoniemeester. Die SU Jazz Band, Danie […]
Aandag dramaturge: Nagtegaal-teksprys herleef in samewerking met Toyota Stellenbosch Woordfees
Goeie nuus aan alle dramaturge: Die gesogte Nagtegaal-teksprys herleef ná 15 jaar in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees en daar is groot pryse op die spel. Die drie wenners ontvang onderskeidelik R100 000, R50 000 en R25 000 wat dit die grootste kompetisie van sy soort in die land maak. Inskrywings is nou oop. […]
André van der Merwe ontvang Kanselierstoekenning
André van der Merwe is al 17 jaar lank dirigent van die internasionaal gerekende Stellenbosch Universiteitskoor. Hy word vanjaar met ’n Kanselierstoekenning vir sy werk vereer. Die gesogte Kansellierstoekennings gee erkenning aan personeellede van die Universiteit Stellenbosch wie se loopbane van volgehoue uitnemendheid in navorsing, innovasie, leer en onderrig, sosiale impak en/of professionele dienste getuig. […]
Augustus is pensioenarismaand by die Woordfees!
Pensioenarisse kry R15 afslag op die volgende programitems: Kaartjies by Quicket. Aanbod eindig 30 Augustus 2024 om middernag.
Bekroonde ‘Die vegetariër’ neem trefkrag, -beelde na Baxter
*Met Engelse onderskrifte Klink ’n toneelstuk oor iemand wat besluit om ’n vegetariër te word dalk na ’n grap? Nie as dit relevante, sensitiewe en polariserende kwessies soos geslagsverhoudings, seggenskap, onderdrukking en identiteit onder die loep trek nie. Vir Willem Anker, wat die vertaling en verhoogverwerking van Die vegetariër uit die Engelse weergawe van die […]
Bekroonde ‘Speelgoed van Glas’, ‘Glass Menagerie’ in Augustus by die Baxter
Met: Anna-Mart van der Merwe, Carla Smith, Ben Albertyn, Mark Elderkin Regie, vertaling en ontwerp: Nico Scheepers Verhoogbestuur: Nell van der Merwe Speelgoed van glas, Nico Scheepers se bekroonde verwerking en vertaling van Tennessee Williams se Engelse meesterstuk, kry ’n interessante nuwe baadjie by die Baxterteater in Kaapstad. Die gelyknamige The Glass Menagerie is Nico […]