Beleef die fees in foto’s
Die 2021 Toyota US Woordfees skuif na September
Die 2021 Toyota US Woordfees word aanstaande jaar vir die eerste keer ’n Stellenbosse lentefees. Dié besluit – om die fees van 17 tot 24 September 2021 aan te bied – is in oorleg met die Universiteit Stellenbosch en verskeie ander belanghebbendes geneem. Die Woordfees-organiseerders het verskeie moontlikhede ondersoek om die fees na óf Februarie […]
Die 2024 Woordfees speel, sprankel en spruit dié blomtyd uit
Die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees bot, blom en bruis dié lente uit met meer as 400 unieke produksies wat in nagenoeg 60 venues in en om Stellenbosch aangebied word. Die fees vind vanjaar van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaas. Die 2024-program bied aan feesgangers die geleentheid om met oorgawe uiting te […]
Die beste plekke vir ’n borrel in die Boland
Die Toyota US Woordfees vind vanaf 7 tot 15 Oktober in Stellenbosch plaas. Kaartjies is nou by Quicket beskikbaar. Met om en by 640 unieke aanbiedings wat in meer as 50 venues in en om die Eikestad aangebied word, is dit beslis ’n goeie idee om jou feestrategie te beplan. Hier is ’n paar wenke […]
Die fees in foto’s
Ons het geborrel dat dit bars, en ons bruis steeds van opwinding oor vanjaar se Woordfees. ‘n Hartlike dankie aan al ons entoesiastiese en bedagsame feesgangers, die kunstenaars wat alles gegee het, ons donateurs (Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi • Nasionale Afrikaanse Teater-Inisiatief, Jannie Mouton Stigting, Johann Brink Trust, L.W. Hiemstra Trust en WF20), […]
Die laaste regte magic
Die teatermaker Nico Scheepers het vinnig naam gemaak met Amper, Vrystaat en Nêrens, Noord-Kaap. Vanjaar is hy by die Toyota US Woordfees met drie toneelstukke – Die engel by die dam, Triple Axel en die Fiësta-benoemde Tien duisend ton. Inspirasie is oral om ons, sê die dramaturg-regisseur Nico Scheepers. Soms klim woorde en beelde van nêrens af in jou kop in, en dan […]