Die Woordfees kom huis toe – na jou toe
Die Toyota US Woordfees vind vanjaar dwarsoor Suid-Afrika en Namibië plaas – eksklusief op DStv. Die Woordfees TV-opwipkanaal première op DStv-kanaal 150 vanaf 1 tot 7 Oktober 2021. Alle DStv-intekenaars met ’n Premium- of Compact Plus-pakket sal toegang tot dié opwipkanaal hê. Die fees-TV-aanbod sal die meeste genres dek wat gewoonlik deel van die program […]
Die Woordfees Kunstenaarsweek wil nuwe hoop en nuwe werk skep
In die eerste Toyota US Woordfees Kunstenaarsweek sal kunstenaars die geleentheid kry om hul vaardighede, idees en konsepte te slyp en te verfyn onder leiding van vooraanstaande fasiliteerders, waaronder die teatermakers Andrew Buckland en Sylvaine Strike, die danser-choreograaf Gregory Maqoma en die digter en verhoogkunstenaar Jolyn Phillips. Die Toyota US Woordfees Kunstenaarsweek sal van 6 […]
EasyEquities belê in jou en in Woorde open Wêrelde
Kyk hoe kyk hy vir my, en daar is vyftig randjies vir jou! Jou registrasie vir ’n gratis EasyEquities-beleggingsrekening bring R50 in beide jou sak om te belê asook R50 in die Woorde open Wêrelde-beursfonds (WOW) vir studie aan die Universiteit Stellenbosch (US). WOW, ’n bemagtigingsprojek van die Stellenbosch Woordfees en die US, vier in […]
En die groot wenner is …
… Lynthia Julius vir haar storie “Plat lê soos ‘n Minora blade”. Julius is as algehele wenner aangekondig by die bekendstelling van die sewende US Woordfeeskortverhaalbundel in die Hofmeyr-saal in Stellenbosch op 10 Oktober. Sy wen R30 000 geborg deur Du Toitskloof Wyne. Elke ander skrywer wat in dié bundel opgeneem word, het prysgeld van R5 000 […]
Fees en geniet verniet!
Die groot Diskoersprogram, tweederdes van die Filmfees en ’n opwindende aanbod van kunsuitstallings is mahala. Diskoers Oop gesprek en ’n entoesiastiese uitruil van standpunte oor aktuele kwessies is ’n gewaardeerde tradisie by die Woordfees. Vanjaar gaan die tonge weer lekker klap. In die Netwerk24-gespreksreeks, onder leiding Christi van der Westhuizen en Pieter du Toit, is daar, onder meer, interessante […]
Flikker & Flash: Wat jy moet weet
Waar: Stellenbosch-middedorpWanneer: Vrydag en Saterdag, 9 en 10 April Aanbiedings:Vrydag, 9 April, 18:30 – 21:30:’n poësie- en musiekaandSaterdag, 10 April, 16:00 – 18:00:Straatsoiree, aangebied deur Stellenbosch Wine RoutesSaterdag, 10 April, 18:00 – 22:30:’n wye verskeidenheid van kort vertonings (5-15 minute elk) met ’n orreluitvoering in die Moederkerk ter afsluiting van die feestelikhede. Hier is antwoorde op al […]