Foto’s: Woordfees 2020

Fotograaf: Retha Ferguson
FOTO’S: 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees is hier: ‘Vernuwend’

Die 25ste Toyota Stellenbosch is op Vrydag 10 Oktober in die Eikestad ingelui tydens ’n mediafunksie by die US Museum en by die jaarlikse Woordfees-langtafel in Ryneveldstraat. “Om ’n kwarteeu te kan vier, is ’n mylpaal vir ’n kunstefees in Suid-Afrika,” het Saartjie Botha, direkteur van die Toyota Stellenbosch Woordfees, gesê. Volhoubaarheid bly vir haar […]
Galery | VIA by die 2025 Woordfees

VIA se gewilde speletjiesprogramme Slim vang sy baas en Klankbank was terug by die Toyota Stellenbosch Woordfees vir twee ure van plesier met Bier-uur! Feesgangers het kom kuier, speel en ’n gratis bier met die speletjiesmeesters Beer Adriaanse en Arno Greeff geniet. En wat is ’n fees nou sonder wyn en musiek? Wynproe met Via was […]
Galery: Bier-uur

VIA se gewilde algemenekennisspeletjie Slim vang sy baas het weer ‘n draai by die fees gemaak met Beer Adriaanse en Arno Greef as die speletjiesmeesters. Geniet weer die happy hour van Bier-uur met Beer en Arno met dié galery op ons webwerf: BIER-UUR MET BEER ADRIAANSE & ARNO GREEFF
Galery: Dans

KARATARA Met: Shaun Oelf, Grant van Ster, Dean John Smith Baie inwoners verloor alles, party hulle lewe. Karatara is op die Knysna-ramp van 2018 geskoei toe ’n brand in die middel van die nag dele van die dorp in puin gelê het. Dié dans-drama vertel die verhaal van ’n gemeenskap se verlies aan familie, grond […]
Galery: EasyEquities Skrywersfees

VAN HIER TOT VER IN DIE WÊRELD – FIKSIE Aangebied deur Protea, Tafelberg Hierdie land wys die hart van Suid- Afrika; Ver in die wêreld bekyk die lewe in die buiteland. Frederik de Jager het gesels met Valda Jansen, Julian Dewette, Cas Wepener, Gielie Hoffmann en Menán van Heerden oor hulle bydraes – die absurde, snaakse, […]
Galery: EasyEquities Skrywersfees-hoogtepunte

Literêre entoesiaste het by die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees se EasyEquities Skrywersfees bymekaargekom om die rykdom van Afrikaanse asook internasionale literatuur te vier. Gesprekke met skrywers, boekbekendstellings, en die verkenning van verskeie temas het feesgangers geïnspireer en uitgedaag. Roep die reuk van boeke op met ’n terugblik van die hoogtepunte. Boekklubs Dana Snyman: ‘Seun’ ‘Die […]
Galery: Fringe

ANGLO ANGST Met: Nichola Viviers, Mia van der Merwe, Jordyn Linklater, Thalia Alberts, Izette Blignaut, Vihann van Rooyen, Zoë-blu Mottram Shakespeare se Romeo & Juliet word Romeo en Johanna: Die Anglo- Boereoorlog-weergawe in dié mal musical van Estefan Coetzee, ’n nuwe regisseur op die toneel wat uitblink in eksperimentele teater. Maar met die laaste kleedrepetisie […]
Galery: Kinderfees

LIEWE HEKSIE VANG VIS Met: Margit Meyer-Rödenbeck, Deon van Zyl Die Liewe Heksie-span, wat twee jaar agtereenvolgens die Kanna vir beste kinderteater by die KKNK gewen het, is terug – met Levinia wat dié slag sukkel om die vis aan die besemstok te laat byt. Intussen raak koning Rosekrans se forelle ál minder – is […]
Galery: Klassieke musiek

BEETHOVEN STRING QUARTRETS Met: Suzanne Martens (eerste viool), Philip Martens (tweede viool), Karin Gaertner (altviool), Peter Martens (tjello) Vier van ons land se voorste strykers span saam in die Amici-strykkwartet, wat wyd beskou word as een van die beste kamermusiek-ensembles. Sedert die stigting van Amici in 2006 het hulle al opgetree by die prestigeryke Kaapstadse […]
GALERY: LANGTAFEL 2023
Die Woordfees het afgeskop met die gewilde Langtafel onder die eike tussen die pragtige ou geboue van Ryneveldstraat. Vanjaar het Bertus Basson en die topdrie-spanne van kykNET se koswerklikheidsreeks Kokkedoor: Vuur en vlam vir die spesiale spyskaart gesorg. Foto’s: Liesl Steenkamp en Nanette Evenhuis
Galery: Netwerk24 by die 2025 Woordfees

Netwerk24: ‘Die onderhoud met Mia Spies’ Mia Spies, multimediajoernalis en TV-aanbieder, het gesels met prominente figure en meningsvormers, insluitend Thuli Madonsela, Whitey Basson, Bertus Basson, Leon Schreiber en Sandra Prinsloo. ‘Die onderhoud’ met Bertus Basson ‘Die onderhoud’ met Whitey Basson ‘Die onderhoud’ met Thuli Madonsele ‘Die onderhoud’ met Leon Schreiber ‘Die onderhoud’ met Sandra Prinsloo […]