Galery: Netwerk24 by die 2025 Woordfees

Netwerk24: ‘Die onderhoud met Mia Spies’ Mia Spies, multimediajoernalis en TV-aanbieder, het gesels met prominente figure en meningsvormers, insluitend Thuli Madonsela, Whitey Basson, Bertus Basson, Leon Schreiber en Sandra Prinsloo. ‘Die onderhoud’ met Bertus Basson ‘Die onderhoud’ met Whitey Basson ‘Die onderhoud’ met Thuli Madonsele ‘Die onderhoud’ met Leon Schreiber ‘Die onderhoud’ met Sandra Prinsloo […]
Galery: Netwerk24 by die Woordfees

Netwerk24 se gespreks- en onderhoudsreeks by die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees het insiggewende gesprekke met invloedryke meningsvormers en rolspelers aangeroer, wat ’n waardevolle bydrae tot die gesprekke oor die toekoms van Suid-Afrika en die wêreld gelewer het. Netwerk24: ‘Die onderhoud met Mia Spies’ Mia Spies, multimediajoernalis en TV-aanbieder, het gesels met prominente figure en meningsvormers. […]
Galery: Savanna Komedie

ÎLE Met: Sophie Joans ’n Agtienjarige gaan soek haar familiewortels in Mauritius. Dit klink na pret, maar als is nie pluis nie. Gou begin sy in die donker verlede krap, en wat sy onthul, is ’n sluimerende vulkaan onder die paradys wat wag om te ontplof. Die stuk is in 2022 met die Gold Standard […]
Galery: Spier Toneel by die 2025 Woordfees

Die Spier Toneel-program by die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees het uithalers, uitskieters en uitblinkers gehad. Van boeiende dramas oor familie, romanse en maatskaplike uitdagings, tot vergete geskiedenis wat stem en gehoor gekry het, die verlede wat herinterpreteer en tot vandag deurgeboor is, en spierverslappende komedie en skroeiende kommentaar. Teater is emosie, vasgevang in teks, dialoog, […]
Galery: Stellenbosch-wynroetes

BORRELS EN ONTBYT SAAM MET MINKI Met: Minki van der Westhuizen ’n Heerlike ontbyt by Lanzerac in die hart van die Jonkershoekvallei saam met Minki van der Westhuizen, alombekend vir haar ikoniese styl, selfvertroue en goedhartigheid. Terwyl gaste ’n plaasvars ontbyt kon geniet, het sy gesels oor haar rol as ma, dogter, vrou en vriendin. […]
Galery: Woordtrofees 2023

Die kunstenaars het geskitter onder die Bolandse sterre op ‘n heerlike, windstil someraand in die Oude Libertas-amfiteater waar die sonsondergang altyd ‘n belewenis is. Die SU Jazz Band het musiek gemaak. Nik Rabinowitz was die seremoniemeester en het gaste laat skater. Wyn, bier, borrels en drankies vir die feestelikheid is deur Heineken Beverages verskaf. Monarch […]
Galery: Woordtrofees 2024

Geniet ’n steelkykie van die kleurvolle en speelse Woordtrofees-toekenningsaand. Weer eens baie geluk aan die wenners en benoemdes. En dankie aan almal wat ’n rol gespeel het in ’n heerlike fees. Fotograaf: Liesl Steenkamp Klik hier vir die wennerslys. Sien jou volgende jaar, van 11 tot 19 Oktober, by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Die gaste […]
GOEIE NUUS VIR MATRIEKS EN TEATERVLOOIE

Twee dramas, wat vir Afrikaans Huistaal in graad 12 voorgeskryf word, is vanjaar spesiaal vir Woordfees TV verfilm: Adam Small se Krismis van Map Jacobs en Reza de Wet se Mis. Die feeskantoor word sedertdien oorval met navrae van skole en leerders wat graag na hierdie produksies wil kyk in voorbereiding op die naderende matriekeksamenvraestel […]
GOU KOOP OF MISLOOP!

Dis amper tyd om te speel! Die Toyota Stellenbosch Woordfees begin die naweek. ONTHOU: Alle aanbiedings is nie vir die volle duur van die fees te sien nie. Jy moet dus wikkel om dié blitsverkopers te ervaar wat net tot 1 Oktober aangebied word. Die Woordfees duur van 28 September tot 6 Oktober. Kry jou kaartjies by quicket.co.za. […]
Groot kortverhaalwenner op Woordfees TV bekend gemaak

Die 22ste Toyota US Woordfees is vanjaar op ’n opwip-TV-kanaal aangebied – vandaar die feestema, “Iets anders”. Die 2021 US Woordfeeskortverhaalbundel, wat die feestema as titel het, is daarom ook 4 Oktober op Woordfees TV (DStv-kanaal 150 en GOtv-kanaal 15) bekend gestel. Die algehele wenner van die kompetisie is by hierdie geleentheid aangekondig. Du Toitskloof […]
Groot oes van Fiësta-benoemings

Die benoemings vir die 11de kykNET Fiësta-toekennings is pas bekend gemaak. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste – Toyota US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaatfees en Aardklop – kom in aanmerking vir dié gesogte pryse. In 2020 was die uitvoerende kunste onder geweldige druk weens die Covid-pandemie. Juis daarom sê Karen […]
Hierdie skrywers het die US Woordfees Kortverhaalbundel 2021 gehaal

Vier-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel, wat by die Toyota US Woordfees 2021 vanaf 17-24 September te koop sal wees. Dié kortverhaalbundel, wat sedert 2016 jaarliks gepubliseer word, se titel is altyd dieselfde as die feestema, maar omdat die fees as gevolg van die Covid-pandemie volgende jaar vanaf Maart na […]