Galery: Kinderfees

LIEWE HEKSIE VANG VIS Met: Margit Meyer-Rödenbeck, Deon van Zyl Die Liewe Heksie-span, wat twee jaar agtereenvolgens die Kanna vir beste kinderteater by die KKNK gewen het, is terug – met Levinia wat dié slag sukkel om die vis aan die besemstok te laat byt. Intussen raak koning Rosekrans se forelle ál minder – is […]

Galery: Klassieke musiek

BEETHOVEN STRING QUARTRETS Met: Suzanne Martens (eerste viool), Philip Martens (tweede viool), Karin Gaertner (altviool), Peter Martens (tjello) Vier van ons land se voorste strykers span saam in die Amici-strykkwartet, wat wyd beskou word as een van die beste kamermusiek-ensembles. Sedert die stigting van Amici in 2006 het hulle al opgetree by die prestigeryke Kaapstadse […]

GALERY: LANGTAFEL 2023

Die Woordfees het afgeskop met die gewilde Langtafel onder die eike tussen die pragtige ou geboue van Ryneveldstraat. Vanjaar het Bertus Basson en die topdrie-spanne van kykNET se koswerklikheidsreeks Kokkedoor: Vuur en vlam vir die spesiale spyskaart gesorg. Foto’s: Liesl Steenkamp en Nanette Evenhuis

Galery: Netwerk24 by die 2025 Woordfees

Netwerk24: ‘Die onderhoud met Mia Spies’ Mia Spies, multimediajoernalis en TV-aanbieder, het gesels met prominente figure en meningsvormers, insluitend Thuli Madonsela, Whitey Basson, Bertus Basson, Leon Schreiber en Sandra Prinsloo. ‘Die onderhoud’ met Bertus Basson ‘Die onderhoud’ met Whitey Basson ‘Die onderhoud’ met Thuli Madonsele ‘Die onderhoud’ met Leon Schreiber ‘Die onderhoud’ met Sandra Prinsloo […]

Galery: Netwerk24 by die 2026 Woordfees

Netwerk24: ‘Die onderhoud met Mia Spies’ Vyf inspirerende Suid-Afrikaners. Vyf unieke stories. En baie vrae. Mia Spies het gesels met Geordin Hill-Lewis, Michiel le Roux, Frank Opperman, prof. Deresh Ramjugernath en dr. Elna Rudolph oor hulle stories, loopbane, perspektiewe en die dinge wat saak maak. Fotograwe: Gys Loubser, Ivan du Plooy, Natalie Gabriels, Stefan Els […]

Galery: Netwerk24 by die Woordfees

Netwerk24 se gespreks- en onderhoudsreeks by die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees het insiggewende gesprekke met invloedryke meningsvormers en rolspelers aangeroer, wat ’n waardevolle bydrae tot die gesprekke oor die toekoms van Suid-Afrika en die wêreld gelewer het. Netwerk24: ‘Die onderhoud met Mia Spies’ Mia Spies, multimediajoernalis en TV-aanbieder, het gesels met prominente figure en meningsvormers. […]

Galery: Savanna Komedie

ÎLE Met: Sophie Joans ’n Agtienjarige gaan soek haar familiewortels in Mauritius. Dit klink na pret, maar als is nie pluis nie. Gou begin sy in die donker verlede krap, en wat sy onthul, is ’n sluimerende vulkaan onder die paradys wat wag om te ontplof. Die stuk is in 2022 met die Gold Standard […]

Galery: Spier Toneel by die 2025 Woordfees

Die Spier Toneel-program by die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees het uithalers, uitskieters en uitblinkers gehad. Van boeiende dramas oor familie, romanse en maatskaplike uitdagings, tot vergete geskiedenis wat stem en gehoor gekry het, die verlede wat herinterpreteer en tot vandag deurgeboor is, en spierverslappende komedie en skroeiende kommentaar. Teater is emosie, vasgevang in teks, dialoog, […]

Galery: Spier Toneel by die 2026 Woordfees

Delikaat, konfronterend, eerlik, ongemaklik, gewigtig, slim en snaaks, chaoties en groot pret, tydloos en eietyds – dit is van die beskrywings wat in die INK-feeskoerant se resensies oor vanjaar se Spier Toneel-program opgeduik het.Van aangrypende dramas tot skerp komedie en uitdagende stories het die toneelstukke emosies losgemaak, vrae gevra en gehore laat dink en lag.Teater […]

Galery: Stellenbosch-wynroetes

BORRELS EN ONTBYT SAAM MET MINKI Met: Minki van der Westhuizen ’n Heerlike ontbyt by Lanzerac in die hart van die Jonkershoekvallei saam met Minki van der Westhuizen, alombekend vir haar ikoniese styl, selfvertroue en goedhartigheid. Terwyl gaste ’n plaasvars ontbyt kon geniet, het sy gesels oor haar rol as ma, dogter, vrou en vriendin. […]

Galery: Woordtrofees 2023

Die kunstenaars het geskitter onder die Bolandse sterre op ‘n heerlike, windstil someraand in die Oude Libertas-amfiteater waar die sonsondergang altyd ‘n belewenis is. Die SU Jazz Band het musiek gemaak. Nik Rabinowitz was die seremoniemeester en het gaste laat skater. Wyn, bier, borrels en drankies vir die feestelikheid is deur Heineken Beverages verskaf. Monarch […]

Galery: Woordtrofees 2024

woordtrofees

Geniet ’n steelkykie van die kleurvolle en speelse Woordtrofees-toekenningsaand. Weer eens baie geluk aan die wenners en benoemdes. En dankie aan almal wat ’n rol gespeel het in ’n heerlike fees.  Fotograaf: Liesl Steenkamp Klik hier vir die wennerslys. Sien jou volgende jaar, van 11 tot 19 Oktober, by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Die gaste […]