Hierdie skrywers het die US Woordfees Kortverhaalbundel 2021 gehaal

Vier-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel, wat by die Toyota US Woordfees 2021 vanaf 17-24 September te koop sal wees. Dié kortverhaalbundel, wat sedert 2016 jaarliks gepubliseer word, se titel is altyd dieselfde as die feestema, maar omdat die fees as gevolg van die Covid-pandemie volgende jaar vanaf Maart na […]
Hierdie skrywers word in US Woordfees Kortverhaalbundel 2020 opgeneem

Saartjie Botha, Toyota US Woordfeesdirekteur, is opgewonde oor die hoeveelheid nuwe stemme in die 2020-bundel: “Dis verblydend dat twaalf van die 26 skrywers wat opgeneem word, nuwe stemme is. Saam met nuwe skrywers kom nuwe stories en vars invalshoeke. Die Woordfees wil ’n platform vir sowel gevestigde as ontluikende kunstenaars wees.” Die skrywers van die […]
Hoe werk die Spaar Bar?

Oop van 09:00 tot 15:00 by die Erfurthuis | 11 tot 19 Okt. Jy kan halfpryskaartjies koop vir sekere items op die feesprogram wat binne vier uur plaasvind. Byvoorbeeld: As jy 09:00 by die Spaar Bar is, kan jy sekere vertonings tot en met 13:00 teen halfprys koop. As jy 10:00 opdaag, is sekere vertonings tot en […]
Hoogtepunte van Woordfees TV 2022

Die feesprogram van Toyota US Woordfees TV 2022 is op 21 Junie gelyktydig op die Toyota US Woordfees Facebook-blad en DStv YouTube-kanaal bekend gestel. Spesifieke uitsaaitye en -datums sal eersdaags bekend gemaak word. Klik hier om na die bekendstellingsvideo te kyk. Klik hier vir die programhoogtepunte in PDF-formaat.
Huldeblyk aan Martie Retief Meiring: ‘Een van die beste mense is weg’

Nadine Petrick
Húlle is benoem vir 2024 Woordtrofees

Die spele is nie heeltemal verby nie – die podium wink. Die benoemings vir vanjaar se Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak, met ’n nuwe prys wat na die legendariese joernalis Martie Meiring genoem word. Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 28 Oktober by ’n toekenningsgeleentheid op Stellenbosch aangekondig. […]
Hy loop al vyf jaar met dié idee, sê Deon Opperman

“Ek ag myself nie ’n ‘boodskap’-dramaturg nie. Ek probeer altyd om ‘n ‘slice of life’ aan te bied waarin my gehore realiteite en probleme wat tot hulle eie lewens relevant is, konfronteer, en saam met die karakters deur daardie uitdagings werk.” Só vertel die tweemalige Hertzogpryswenner Deon Opperman. ’n Nuwe toneelstuk uit sy pen, Die […]
Johannesburg-programbekendstelling

Die Toyota US Woordfeesprogram vir 2020 is ook by ‘n intieme geleentheid in Johannesburg op 19 November aan kunstenaars en media bekend gestel. Dié geleentheid het in die Dunkeld Onafhanklike Teater plaasgevind. Loftus Marais het gedigte voorgelees en Bad Peter het musiek gemaak.
Kyk waarna sien dié bekendes uit!

Kunstenaars kan ook nie wag vir die 10de Oktober wanneer die Woordfees afskop nie. Hulle wenslysies is al vol: van toneelstukke tot musiekvertonings en interessante diskoersgesprekke.
Leerders genooi om in te skryf vir Stellenbosch Academy Visuele Kunskompetisie

Hoërskoolleerders in graad 10 tot 12 word genooi om in te skryf vir die 2026 Stellenbosch Academy se Visuele Kunskompetisie (SAVAC) waar twee studiebeurse in dié rigting op die spel is. Die kompetisie word aangebied in samewerking met Woorde Open Wêrelde (WOW) by die Universiteit Stellenbosch, en met die Toyota Stellenbosch Woordfees. SAVAC, nou in […]
Lees, want die nag kom nader

Vanjaar is daar meer as 50 aanbiedings op die EasyEquities Skrywersfees. Skrywers kom van heinde en verre om boeke oor uiteenlopende onderwerpe te bespreek. Jy kan uitsien na alles van rugby tot resensies, geld en geskiedenis, huwelike, honde, en hoe om ’n lewe te maak op ’n leë stuk grond in die Karoo. “Hierdie jaar […]
Meesterstuk van vertroosting, hoop en vreugde

Johannes Brahms se belangrikste geestelike werk vir koor, orkes en soliste, Ein deutsches Requiem, word vanjaar by die Toyota US Woordfees opgevoer. Johan de Villiers dirigeer dié spesiale vertoning, en die Libertas-koor met Petri Salonen as konsertmeester, Zorada Temmingh op die orrel en soliste Lynelle Kenned en Conroy Scott om dié meesterstuk met ’n roerende boodskap […]