Foto’s: All who pass
1974: Uitsetting. Die inwoners van Distrik Ses word deur die apartheid-regime uit die hart van Kaapstad verskuif. ’n Gesin bring hul laaste nag in hul huis deur. 2019: Restitusie. ’n Dogter keer terug om haar erfporsie op te eis en word oorweldig deur herinneringe. Kan sy die spoke van die verlede uitdryf? Met: Elton Landrew, Iman […]
Foto’s: Die poet, wie’s hy?
Adam Small, het nie in diens van politiek of enige sosiale gelofies gestaan nie. Sy trou het by sy gewete gelê. Sy taal het ‘n atmosfeer, ’n merkwaardige teenwoordigheid, ‘n presence geskep. Dit dra die volle lot en noodlot van die mense wat dit praat. Wie’s die poet, wat ons steeds help om ons herkoms […]
Foto’s: Die Sonkamer
Almal word oud. Sommiges word onthou. Meeste word vergeet. In Huis Aristea bly daar egter ’n klein gemeenskap bejaardes wat hul stories wil deel. Dosyne onderhoude, briewe en opnames is in hierdie eksperimentele verbatimteaterstuk saamgestel en neem jou op ’n dokumentêre reis deur die lewe, liefde, leed, en die ontnugterende wag op die dood. Kwesbare […]
Foto’s: Hoe change hulle
Die ghetto het ’n manier van mense insluk en dan maak asof dit is hoe dinge moet wees. Shelly is in die tronk. Hy praat uit die hart oor sy ouers, sy vriende, die government en selfs Lolla, wat elke keer haar outjie vergewe as hy haar verneuk. Shelly is ’n man wat niks het […]
Foto’s: Huppelkind
Pragtige poppe en uitstaande stemwerk gee nuwe lewe aan W.O. Kühne se klassieke Huppelkind. Fotograaf: Retha Ferguson
Foto’s: Jakkals & Wolf Onbeperk
Jakkals en Wolf Onbeperk bied ’n humoristiese en kontemporêre blik op die bekende dierestories wat al vir langer as ’n honderd jaar deel van ons inheemse storieskatkis is. Met: Kabous Meiring, Wahnice du Toit, Robert Hindley, Cantona James, Veronique Jephtas, Ané Koegelenberg, Melissa Myburgh, Alistair Seymour, Nisa Smit, Devonecia Swartz, Wian Taljaard, Frazer Barry, Deniel Barry, Breyten Treurnicht Fotograaf: Stefan […]