Klassieke musiek bly ’n hoogtepunt van die feesprogram, met alles van opera en orkesuitvoerings tot intieme kamermusiekkonserte. Gunstelinge soos Operagunstelinge III, Moederkerk-orrelweek en Klavier-extravaganza III het teruggekeer, saam met strykersensembles, tjellovertonings, kwartette en kore. ’n Besonderse hoogtepunt was die viering van die wêreldbekende Stellenbosch Universiteitskoor se 90ste bestaansjaar – ’n uitsonderlike mylpaal vir een van Suid-Afrika se mees gevierde musiekinstellings.
Herleef die klanke en besondere oomblikke van klassieke musiek by die fees deur die lense van ons fotograwe.
Fotograwe: Connor Leech, Golda Simmers, Mark Cloete, Natalie Gabriels, Stefan Els




















































































